Estimated reading time: 5 minutes
Die Noordwes-sambreelliggaam vir brandbeskerming (NWUFPA) is oorgehaal en gereed vir die komende brandseisoen. Daar word hard gepoog om alle belanghebbende partye en brandbeskermingsverenigings (BBVâS) voor te berei om paraat te wees, toerusting te diens, mense op te lei en voorbrande te maak.

Wetgewing
Eric Stoch, nuutverkose voorsitter van NWUFPA, sĂȘ verskeie voorsorgmaatreĂ«ls is hersien en nuwe riglyne ingestel. Hy is positief oor die doeltreffende voorkoming en bestryding van wegholveldbrande diĂ© seisoen.
Stoch meen die grootste uitdaging tydens die stigting van NWUFPA, was om munisipaliteite aan boord te kry. Betrokkenes was destyds onseker oor die wetlike vereistes, maar die nodige in diĂ© verband is gedoen en die vereniging is met die korrekte wetlike doelstellings gestig. Dit was nodig omdat die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande, 1998 (Wet 101 van 1998) duidelike bepalings oor die lidmaatskap van BBVâs bevat.
Die onderskeie BBVâs val onder die distriks-BBVâs, wat gesamentlik by die sambreelliggaam geaffilieer is. Daar is tans 24 geregistreerde, funksionele BBVâs in Noordwes. Daar is ook ân BBV van die sambreelliggaam wat oorkoepelend in die provinsie optree en by buurprovinsies en Botswana betrokke is.

Stoch sĂȘ dit help dat diĂ© struktuur in plek is, omdat NWUFPA sy lede by provinsiale rampbestuur en die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (COGTA) verteenwoordig. NWUFPA is ook nou betrokke by die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, sowel as die nasionale veld- en bosbrand-adviesforum (NVFFPAF). Geldelike hulp, opleiding en addisionele bystand word op hierdie platforms deur NWUFPA namens gemeenskappe en BBVâs beding.
âDeeglike voorbereiding vir die komende brandseisoen is nodig, omdat ân groot brandjaar in die provinsie verwag word, nadat goeie reĂ«nval tot welige grasveld bygedra het. Die tradisionele brandsiklus toon dat tienjaarlikse groot wegholbrande in die provinsie voorkom. As die nodige voorsorgmaatreĂ«ls nie ingestel is nie, kan dit erge gevolge inhou.â
Daarom het NWUFPA tydig met voorsorgmaatreëls begin, terwyl op die waardevolle lesse uit die verwoestende wegholbrande van 2011 in Noordwes voortgebou is. Meer as 292 965ha veld, sowel as 6 765ha lande en weiding is by Potchefstroom, Klerksdorp, Ventersdorp, Carletonville, Fochville en Parys verwoes. Die skade is op sowat R43 miljoen beraam en sowat 3 666 stuks vee het doodgebrand of moes van kant gemaak word.
Betrokkenheid op regeringsvlak
Stoch sĂȘ vanjaar word meer op voorbereiding en regeringsbetrokkenheid gefokus. Politieke leiers is genader oor diĂ© vereniging se behoeftes. âWetlike vereistes rakende die betrokkenheid van alle grondeienaars, die regering en nasionale diensverskaffers soos Eskom, Transnet, Telkom en Sanral by BBVâs is opnuut beklemtoon. Daar is steeds min munisipaliteite wat hieraan voldoen.
âNWUFPA verseker dat lede goed by die regering se geĂŻntegreerde ontwikkelingsplan op provinsiale en distriksvlak verteenwoordig word, sodat die staat die nodige beplanning kan doen en vir die BBVâs kan begroot.â Die organisasie het sy onderskeie BBVâs in April besoek en geoudit. Daar is onder meer vasgestel of toerusting voldoende is en of planne vir brandbestuur in plek is.
Belangrikheid van brandbane teen wegholveldbrande
Daar is vroeg vanjaar met strategiese voorbrande in veral hoĂ«-risikogebiede begin. Stoch sĂȘ die vorige brandseisoen was aan die einde van ân droogteseisoen en wegholbrande was ân werklikheid. NWUFPA se statistiek toon altesaam 671 brande het meer as 50 650ha verwoes. Die skade het meer as R101 miljoen beloop en die koste van brandbestryding was meer as R126 miljoen.
âDie grootste probleem was nasionale diensverskaffers se versuim om voldoende brandbane te maak. Daar word wetlik vereis dat alle brandbare materiaal in ân voorbrand verwyder moet word. Die veld kan geskraap en gifstof toegedien word, maar brandbare materiaal móét verbrand of verwyder word. DiĂ© vereistes is in aanloop tot die brandseisoen weer deur NWUFPA aan die onderskeie diensverskaffers beklemtoon.â
Die spertyd vir die maak van brandbane in Noordwes is 30 Junie en in aanloop daartoe is die proses deeglik hersien. Toestemming moes by die onderskeie BBVâs verkry word, in samewerking met plaaslike brandweerstasies. In diĂ© verband is daar goeie samewerking tussen die BBVâs en brandweerdienste.
ân Brandbeskermingsoffisier se goedkeuring is nodig op grond van ân brandindeks vir ân bepaalde dag, voordat voorbrande gemaak kan word. Inspeksie op die terrein moet uitgevoer word om vas te stel of die brandspanne genoeg toerusting en mannekrag beskikbaar het. ân Brandnommer word uitgereik en grondeienaars se bure word in kennis gestel.
In samewerking met die provinsiale rampbestuur is gepoog om ân voerbank in te stel ter voorbereiding vir ân noodtoestand weens wegholbrande. Veevoer word aangekoop en noodsaaklikhede soos kos en komberse word versamel om moontlike verliese aan te vul. Dit is gedoen omdat die staat min onmiddellike hulp kan verleen nĂĄ brande.
Toerusting en opleiding vir wegholveldbrande
Volgens Stoch was daar tekortkominge ten opsigte van voldoende kommunikasiestelsels tydens die 2011-wegholbrande. âGroter fokus word dus hierop geplaas ter voorbereiding vir diĂ© seisoen. Tweerigtingradioâs en soortgelyke stelsels in bakkies is in die onderskeie verenigings aangevul.
âBrandbestrydingstoerusting soos rugsakke, vuurplakke, sleepeenhede en bakkiesakkies (fire fighters) is gediens en verouderde toerusting is vervang. Die weermag is ook genader om bykomende watertenkwaens vir aanvulling beskikbaar te stel, terwyl beskikbare waterpunte in die onderskeie distrikte duidelik identifiseerbaar gemaak is.â
Pogings word ook aangewend om helikopterbystand op ân volgehoue grondslag in Potchefstroom beskikbaar te stel.
Lees hoe die ander provinsies vir wegholveldbrande voorberei.
âTydens die besoeke aan die onderskeie BBVâs is grondeienaars wat groot risikoâs tydens wegholveldbrande loop, ook uitgewys. NWUFPA beoog om brandbestuurskursusse aan weerbare gemeenskappe aan te bied. Alle aspekte soos noodhulp, indeksbepaling, lewensredding en die herstel van infrastruktuur op plase sal aangeraak word,â sĂȘ Stoch. – Christal-Lize Muller, Veeplaas
Vir meer inligting, kontak Eric Stoch by 071 0776 653 of epos nwufpa@gmail.com.

