Noord-Kaapse aspirant afslaer kraai koning by Bloemskou

Estimated reading time: 2 minutes

Die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie, aangebied deur Plaas Media, vier vanjaar sy 11de jaar. Die eerste streeksrondte van die 2024-kompetisie het by die Bloemskou plaasgevind. Dit is ook die 11de jaar wat Toyota SA as die trotse naamborg van die kompetisie dien.

Sedert 2023 het Plaas Media verskeie veilingshuise by die streeksrondtes van die kompetisie betrek en vanjaar was Vleissentraal, OVK en Meerkat Online Auctions by die Bloemskou-rondte betrokke.

Die beoordelaars was Alan Sinclair, besturende direkteur van Vleissentraal Bloemfontein, Gert Jordaan, koördinerings- en bemarkingsbestuurder van OVK, en Johan Gunter, besturende direkteur van Agriculture Dot Golf.

Vier deelnemers het teen mekaar meegeding om te kyk wie die eerste twee plekke in die finaal sal vasmaak, wat later vanjaar in Bredasdorp by Nampo Kaap gaan plaasvind.

In ‘n indrukwekkende stryd tussen die vier aspirante afslaers, het die wenner en die naaswenner se totale punte met slegs een punt verskil. Die punteverskil tussen die eerste-plek en derde-plek was vier punte en ses punte tussen eerste- en sesde-plek.

Op die ou einde van die dag het Jurie Burger as wenner uit die stryd getree met Hanno Ferreira as naaswenner. Elkeen van hulle het ‘n geskenkpak van Toyota SA ontvang.

Op die ou einde van die dag het Jurie Burger as wenner uit die stryd getree met Hanno Ferreira as naaswenner. Elkeen van hulle het ‘n geskenkpak van Toyota SA ontvang.
Op die ou einde van die dag het Jurie Burger as wenner uit die stryd getree met Hanno Ferreira as naaswenner. Elkeen van hulle het ‘n geskenkpak van Toyota SA ontvang.

Kyk gerus na hierdie Plaas TV-nuusinsetsel om vir Jurie beter te leer ken: https://www.youtube.com/watch?v=BEJSjZQIPFc

Die volgende streeksrondte vind Saterdag 25 Mei by die Royal Landbou-uitstalling in Pietermaritzburg plaas. Vir meer inligting stuur ‘n WhatsApp na 066 231 2430. – Foto’s en inhoud deur Deidré Louw, Plaas Media.

Vaaltyn van die Noordweste

Estimated reading time: 6 minutesDie donkie is ’n dier wat gehelp het om die...

Stockfarm September 2026 hits the shelves

In the September 2026 edition of Stockfarm, we unpack the challenges that South Africa’s...

Oilseeds Focus September 2026

The September 2026 issue of Oilseeds Focus delivers essential insights into identifying tricky stem...

Veeplaas September 2026

Estimated reading time: 3 minutesIn die September-uitgawe van Veeplaas takel ons die belangrikste kwessies...