Thursday, November 7, 2024
HomePlaas TVNaspeurbaarheid in die kollig op Plaas TV

Naspeurbaarheid in die kollig op Plaas TV

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

  • Egte onderdele vs roofonderdele kom onder die vergrootglas saam met Jan Schoeman en Gerhard Taljaard van Kubota.
Kubota-toerusting is maklik hanteerbaar die onderhoud daarvan, belangrik. Klik hier om meer uit te vind.
  • Molecular techniques have revolutionised horse management and health and have provided practical solutions to complex problems in the various horse disciplines internationally. Professor Alan Guthrie, Director of the Equine Research Centre in the Faculty of Veterinary Science at the University of Pretoria recently hosted a lecture on this exciting topic. The Plaas TV team visited him afterwards at Onderstepoort to find out more.
  • BKB Handel was een van die hoogtepunte wat die afgelope Nampo Kaap se uitstallings betref. Jacques van Niekerk en Yolanda Colesky gee nou terugvoer oor BKB se voetspoor in die platteland.
  • Salo Poggenpoel van Albertinia in die Wes-Kaap, het by Nampo Kaap ‘n getuigskrif gedeel van ‘n John Deere 5055E-trekker wat 13 000 ure, sonder enige meganiese probleme, geloop het.
  • Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se jaarlikse kongres is onlangs by Nampo Park aangebied. Van die besprekingspunte was die proses van aanpassing en vernuwing, asook die lesse te leer uit die vark- en graanbedrywe se vernuwingprosesse. Kyk hierdie video vir terugvoer.
Volg hier vir meer oor die jaarlikse kongres, RPO Nasionaal: Oorgehaal vir verandering en vernuwing
  • Die RMIS het vandag die eerste fase van sy naspeurbaarheidsplatform in Pretoria bekendgestel. Dié projek skop af met die identifikasie van produksie-eenhede in al die dele van die rooivleiswaardeketting. Lise Roberts het gedurende die bekendstelling met dr Phillip Oosthuizen in detail hieroor gesels. Hou ook die Januarie-uitgawe van Veeplaas dop vir ‘n in-diepte artikel hieroor.  
  • Deesdae kan mens nie ‘n landboupublikasie oopmaak nie of jy lees iets oor naspeurbaarheid. Na aanleiding van die platform wat vandag bekendgestel het, het Dewald Olivier, die uitvoerende direkteur van RMIS, onlangs met Plaas TV oor die voordele van hierdie tweesnydende swaard gesels.

    Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.

    Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!

    Klik op die YouTube-kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A

    Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.

    Must Read

    Impact of climate variability on adaptive water-use behaviour of commercial sugarcane...

    Estimated reading time: 5 minutes Water is a vital and limited resource necessary for all human activities, utilised by various users such as the agricultural,...