In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die ontstaan en bestuur van weerstand teen onkruiddoders.
- Prof Driekie Fourie van Syngenta Seedcare het tydens die Afrika Saadverhandelingsvereniging se konferensie, met Carin Venter van Plaas Media gesels oor nuwe-generasie saadbehandelings.
- Prof Johan Willemse lewer sy gereelde weeklikse markverslag.
- John Meville gesels oor die voeding en versorging van ramme.
- Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz, is aan die woord met sy maandelikse ekonomiese verslag.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.