In Vrydag, 24 Julie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Ons skop af met ‘n kraakvars landbounuusbulletin.
- Dr Danie Odendaal, direkteur van Veearts Netwerk, gesels in ons weeklikse siekteverslag oor die voorkoms en behandeling van bruinmaagwurm.
- In ons gereelde Lamb Champs-praatjie, met trots geborg deur Pick n Pay en ondersteun deur Toyota, gesels Johan met Anton Nel, ‘n Merino- en Meatmaster-boer van Somerset-Oos, oor sy deelname aan Lamb Champs en sy betrokkenheid by die TV-reeks.
- Sytze Smit, rasdirekteur van SA Brahman, vertel meer oor die BGP2-projek en die genootskap se betrokkenheid daarby.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.