LandbouRadio: 2 September 2025

Waarna kan jy uitsien in Dinsdag, 2 September, se LandbouRadio?

  • Grant Naudé, president van Merino SA, en Petrus de Wet, raadsvoorsitter van die Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut, vertel waarom die Merinobedryf positief is oor die toekoms.
  • Maretha Vermaak, ‘n geregistreerde dieetkundige by Melk SA, praat oor beengesondheid.
  • Die president van Agri Noord-Kaap, Willem Symington, gesels oor die stand en toekoms van landbou in dié provinsie.
  • En Isabel Kruger, Vrystaat Landbou se veiligheidsverteenwoordiger, praat oor vee wat op en langs openbare paaie wei en wat wetgewing hieroor bepaal.

Luister saam na LandbouRadio:

Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.

Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Related

LandbouRadio: 9 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Donderdag, 9 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Christal-Lize Muller van Plaas Media gesels met Pieter Swart...

LandbouRadio: 8 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Woensdag, 8 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons spring weg met Leon die skaapherder en sy...

LandbouRadio: 7 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Dinsdag, 7 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Johan gesels met dr Bobbby van der Westhuizen, hoofbestuurder...