Dis wat op jou wag in Maandag, 18 Augustus, se LandbouRadio:
- In die gees van Vrouemaand, deel ons met jou die insprirende verhaal van Amoré Viljoen, ‘n dinamiese vroueplaasbestuurder van Lakeview Farm naby Villiersdorp.
- Kobus Anderson, senior navorser by die Landbounavorsingsraad, bespreek die meganisering van reënwateroes vir volhoubare voedselproduksie in landelike gebiede van Suid-Afrika.
- Die voorsitter van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidskomitee, Jakkals le Roux, praat oor ‘n skynbare toename in plaasaanvalle in dié provinsie.
- En professor Johan Willemse ontleed vir ons die jongste ekonomiese verwikkelinge.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
