In Dinsdag, 11 November se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Louis Steyl, uitvoerende hoof van Bonsmara SA, vertel van vanjaar se veilingsprestasies en -tendense asook dit wat voorlê in die nuwe jaar.
- Dawie Killian van die OVK-wolkantoor gee die nuutste inligting oor die wolmark.
- Mari Bronkhorst van Voermol vertel waarom die etikette op voerverpakking so belangrik is.
- Johan Gunter gesels met dr Helena Theron, senior genetikus by SA Stamboek, oor die verskil tussen inteling en lynteling.
- Dr Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou, praat oor die onlangse plaasaanval en moord in die Heilbron-distrik.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.