Thursday, November 21, 2024

KragDag 2024 vier selfstandigheid en alternatiewe oplossings

Estimated reading time: 4 minutes

Die Sakeliga KragDag Sentraal 2024 het van 8 tot 10 Augustus 2024 op die Diamantvallei-landgoed, 20km oos van Pretoria, plaasgevind. Hierdie jaarlikse ekspo, wat bekend is vir sy klem op alternatiewe energie en selfstandigheid, het weereens besoekers van heinde en ver gelok. Die tema was die kern van self- en gemeenskapsversorging: “Daar is ’n alternatief – neem self verantwoordelikheid en stel die voorbeeld.”

Lees meer oor alternatiewe energie-oplossings vir produsente hier.

Die ekspo, wat vanjaar die 15de keer aangebied is, het ’n platform gebied vir individue en gemeenskappe om te ontdek hoe om ’n leefstyl van vryheid te omhels in die lig van die groeiende maatskaplike en ekonomiese verval wat in Suid-Afrika waargeneem word. Die ekspo het gewys hoe selfstandigheid en individuele verantwoordelikheid die sleutels tot ’n beter toekoms is.

Praktiese oplossings vir ’n selfstandige toekoms

Die ekspo het besoekers aan ’n verskeidenheid praktiese oplossings blootgestel wat daarop gemik is om die uitdagings van die moderne lewe te oorkom. Van alternatiewe energiebronne tot waterbesparing en veilige gemeenskappe het KragDag ’n wye reeks uitstallers en demonstrasies gehad wat die waarde van selfstandigheid onderstreep het.

’n Paar voorbeelde van hierdie oplossings sluit in:

  • Eie kragvoorsiening: In reaksie op die aanhoudende uitdagings van beurtkrag, lasvermindering en prysverhogings het uitstallers verskeie opsies vir alternatiewe kragvoorsiening uitgestal.
  • Waterontginning en -opberging: Besoedelde water en onderbrekings in watervoorsiening kan met selfstandige oplossings opgelos word, wat by die ekspo uitgestal is.
  • Gesondheidsorg-alternatiewe: Uitstallings het ook gefokus op privaat gesondheidsorg as ’n alternatief vir die staatshospitale.
  • Onderwys: Alternatiewe opvoedingsmetodes soos privaat- en tuisonderrig het ’n prominente rol gespeel.
  • Infrastruktuur en konstruksie: Gemeenskapsgebaseerde instandhouding van infrastruktuur is as ’n oplossing vir die verval van openbare dienste voorgestel, asook verskeie alternatiewe kontruksiemetodes.
  • Veiligheid en sekuriteit: Paraatstraat het gefokus op persoonlike en gemeenskapsveiligheid met uitstallers wat die nuutste in sekuriteitstegnologie en -dienste aangebied het.
  • Buitelugkragtoerusting en vervaardiging: Verskeie uitstallers het op battery- en brandstofaangedrewe tuin- en plaastoerusting gefokus.

Leer meer oor die belangrikheid van veiligheid in die platteland hier.

Uitbreiding van die ekspo en nuwe afdelings

Sakeliga KragDag Sentraal het vanjaar ’n noemenswaardige uitbreiding ondergaan, met die ekspo-terrein wat van ses hektaar tot byna 11 hektaar vergroot is. Hierdie uitbreiding het die toevoeging van nuwe afdelings moontlik gemaak. Een van die opwindendste nuwe toevoegings was die vervoer-afdeling, wat besoekers in staat gestel het om die nuutste tegnologieë in padvragvervoer en alternatiewe vervoeroplossings te verken.

Die landbou sub-ekspo, in samewerking met TLU SA, het vanjaar sy vyfde herdenking gevier met 108 uitstallers wat ’n wye verskeidenheid landbou-innovasies en -oplossings aangebied het. Tuinbou-uitstallers is ook vanjaar saamgevoeg in ’n nuwe afdeling, waar vertikale plantpotte, akwaponika-toerusting, kompos en saailinge gekoop kon word.

Hoogtepunte en prestasies

Die KragDag-span is baie dankbaar om aan te kondig dat die ekspo met ’n totaal van 660 ondernemings aangebied is, en 34 200 besoekers oor die drie ekspo-dae ontvang het.

Besoekers het die geleentheid gehad om ses verskillende programme te besigtig, wat in die Inyati-arena, Lynnridge Timbers-sandput, PretoriaFM Kopskuifateljee, Kuierkraal-verhoog, ATTSA-verhoog in die RFA-biertuin en in die skouring aangebied is.

Die Entrepreneuria junior entrepreneurskompetisie, wat deur Capitec, Fergusmor en Solidariteit Helpende Hand geborg is, was ’n hoogtepunt van die ekspo. Jong entrepreneurs het hul vaardighede ten toon gestel en die wenners in die Doelgerig-afdeling was:

  • Eerste: Michelle van Der Vyver (19) met Modular Agri Solutions (hoenderhokke).
  • Tweede: Mariney Grobler (13) met Bobalish (boba-tee).
  • Derde: André Smit (17) met Rooibok (leerprodukte).

Die ‘Voete Natmaak’-afdeling het jonger deelnemers aangespoor om hul eerste treë in die wêreld van entrepreneurskap te gee, met die volgende wenners:

  • Eerste: Johanko en Tanika Fourie (9) met tuisgemaakte limonadestroop.
  • Tweede: Taria en Elmary Coetzee (12) met Blommetjie gedenk aan my (blokkieblomme).
  • Derde: Mieke-Marie Fourie (10) met Reënboogsalon.

Sakeliga KragDag Sentraal 2024 het weer bewys waarom dit ’n noodsaaklike platform is vir enigeen wat ernstig is oor selfstandigheid en onafhanklikheid. Met sy uiteenlopende uitstallers, inspirerende tema, en praktiese oplossings, het die ekspo ’n noodsaaklike bymekaarkomplek geword vir dié wat hul lewens wil beheer en hul eie toekoms wil verseker. Die ekspo het nie net oplossings gebied nie, maar ook hoop gegee aan diegene wat in uitdagende tye op soek is na alternatiewe. – Persverklaring, KragDag

Sakeliga Kragdag Sentraal 2025 vind weer op 7 tot 9 Augustus 2025 plaas.

Must read

2024 #BeefPerformers: ARC National Special Performance Test Class

Estimated reading time: 2 minutes The best beef producers and their beef cattle are once again celebrated in the Agricultural Research Council’s National Beef Performer Awards again this year. Various producers and their cattle are...
meteorology water meter rain gauge

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou. Luister nou na hierdie week se weerverslag soos op 21...

NWKV bied suksesvolle boeredag op Fraserburg aan

Estimated reading time: 4 minutes Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) het op 14 November vir die Fraserburg-boere ’n inligtingsdag aangebied met verskeie sprekers wat oor landbousake gesels het. Dit was die laaste vergadering van die boerevereniging...

TWK reports steady results despite setbacks

Estimated reading time: 3 minutes Fires, consumer strains, and El Niño have all contributed to a challenging financial year for the diversified agriculture and forestry company, TWK Investments Limited. “This has been an unusual and challenging...

2024 #BeefPerformers: ARC National Platinum Bull Awards

Estimated reading time: 2 minutes Most beef cattle producers want to brag about their bull being the best. Well, the finalists in the Agricultural Research Council’s National Platinum Bull Awards can do precisely that! This...