Thursday, November 21, 2024

Jansenville-skou: Uithouer en aanhouer wen!

Share This Post

Estimated reading time: 3 minutes

Die Karoodorpie, Jansenville, het op 8 en 9 Maart sy 61ste skou gehou en vanjaar se aflewering het gespog met ‘n uitstekende kleinveekomponent wat topgehalte kudde- en stoet-Boerbokke, Kalahari Reds en Dorpers ingesluit het.

Van die ouer garde in die gemeenskap onthou nog die skou se eerste aflewering in 1963, wat uit perde in die skougronde se arena net buite die dorp bestaan het. Ongelukkig het droogte en die verlangsaming van die ekonomie al hoe meer druk op die gemeenskap begin plaas, en daarom was dit vir verskeie organisasies, plaaslike besighede en vir Plaas Media wat die amptelike mediaborg was, ‘n groot voorreg om vanjaar met Jansenville se skoukomitee hande te vat.

Genetika uit die boonste rakke

Alles is in die stryd gewerp om vanjaar se skou vlot te laat verloop. Die inskrywingsgelde was ‘n skamele R20 per dier met pryse ter waarde van R60 000 (buiten kontantborge) op die spel.

  • PW Botha en Marlé Slabbert dien op die skoukomitee en het hul dankbaarheid uitgespreek vir die borgskappe wat vir vanjaar se skou ontvang is.

Opleidingsessies vir plaaswerkers is ook deur Sanmarie Stols Vermaak van Sybokhaar SA aangebied. Een van die plaaswerkers was Ashley Louw wat aan Veeplaas gesê het: “Dit was vir my ‘n groot voorreg om meer te kon leer oor die hantering van Angoras, siektes en bokhaarklassering.”

Nog ‘n trekpleister by vanjaar se skou, was ‘n konsert deur die bekende kunstenaar, Andriëtte, en ‘n spitbraai na afloop daarvan.

PW Botha, wat op die skoukomitee dien, het tydens die geleentheid met Veeplaas gesels en gesê dit is harde werk om ‘n skou te organiseer, maar dis baie lekker wanneer daar ‘n goeie opkoms met ‘n lekker gees is, wat inderdaad vanjaar die geval was. ‘n Skou soos hierdie, het hy gesê, kan egter nie gehou word sonder borgskappe nie.

Marlé Slabbert, ook ‘n skoukomiteelid, het ook ‘n lansie gebreek vir al die borge. “Behalwe vir Plaas Media se ongelooflike bydrae as die skou se amptelike mediaborg, was daar ongeveer 300 pryse wat gewen kon word in die Boerbok-, Kalahari Red- en Dorper-klasse. Dit was alles te danke aan ons borge – iets waarvoor ‘n mens net diep dankbaar kan wees.”

Vir meer inligting, kontak PW Botha by 082 800 9310 of Marlé Slabbert by 082 578 3785. Beide van hulle is ook betrokke by Jansenville se Boerbok-veldramklub.

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a wholly...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 45 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not...

Ankole embryos sell for record price in South Africa

The South African record price for embryos sold was...