Haelskade en skimmel – rosyntjieboere staan sterk

Estimated reading time: 3 minutes

Gedurende die vorige produksiejaar van 2024/25 het die rosyntjieprodusente langs die Oranje- en Olifantsrivier ’n rekordoes van meer as 100 000 ton opgelewer. Dinge het belowend gelyk vir verdere verbetering in die huidige seisoen, maar ongelukkig gaan die verwagte oesskatting nie heeltemal so hoog wees nie.

Die onlangse vooruitskatting wat op 15 Januarie 2026 bekendgemaak is, moes afwaarts hersien word na 97 420 ton. Dit is 3 075 ton laer as wat verwag is.

Redes vir swakker rosyntjieoes

Wessel Lemmer, hoof uitvoerende beampte van Raisins SA, verduidelik dat die afwaartse hersiening hoofsaaklik toegeskryf word aan druk weens donsskimmel en gelokaliseerde haelskade wat gedurende die seisoen in sekere produksiegebiede ondervind is.

Verdere oesskattings sal in Februarie en Maart gedoen word voordat die finale syfers beskikbaar raak. Al gaan dit waarskynlik nie die rekords laat spat nie, verwag Lemmer steeds dat dit ’n baie suksesvolle seisoen sal wees.

Produsente is tevrede

Rosyntjieprodusente is oor die algemeen baie tevrede met die oesopbrengste en verwag dat pryse ook goed sal wees. Wilco Fourie, voorsitter van die Oranje Rivier Landbou-unie, sê Suid-Afrika kan bykans 100 000 ton rosyntjies lewer, waarvan meer as 80% uit die Noord-Kaap kom.

Hoewel die rosyntjie-oes nog nie voltooi is nie, lyk dit belowend. Dit is veral weens die feit dat reënval na verwagting vir eers sal afneem. Die hoë temperature wat in die volgende paar weke in die Noord-Kaap voorspel word, bied vir rosyntjieboere uitkoms. Fourie sê ’n donderstorm of twee veroorsaak gewoonlik min skade aan die druiwe. Die probleem ontstaan wanneer dit vir ’n paar dae aaneen reën, waarna siektes uitbreek wat druifgehalte benadeel.

Nuwe uitvoermarkte vir SA-rosyntjies

In die verlede is sowat 20% van Suid-Afrikaanse rosyntjies tradisioneel na Amerika uitgevoer, terwyl die res na Europese markte gegaan het.

Raisins SA is druk besig om nuwe marktoegang na Indonesië te ontwikkel, terwyl die gehalte van Suid-Afrikaanse rosyntjies ‘n hoë vraag in Europa skep, aldus Lemmer.

Turkye is die Suid-Afrikaanse mark se grootste kompetisie; hulle produseer normaalweg sowat 320 000 ton per jaar. Turkye het die afgelope drie jaar swak oeste gehad, sê Fourie, en verlede jaar kon hulle ook nie die pyp rook nie. Die Turkse oes beloop tans 165 000 ton. Omdat Suid-Afrika ’n uitstekende produk bied, het ons reeds ’n groot impak op die Europese mark gehad.

VSA voer SA-produk in

Lemmer sê gegewe die ander markte wat Suid-Afrika bedien, raak die heffings wat deur die VSA ingestel is die plaaslike rosyntjiebedryf nie te erg nie. Hy sê die VSA het in die verlede tot sowat 350 000 ton rosyntjies per jaar geproduseer, maar produksie het afgeneem. Hoewel die VSA ’n netto-uitvoerland is, het hy 50% van sy invoerbehoeftes vanaf Suid-Afrika verkry.

Suid-Afrikaanse roysntjieboere is allerweë baie positief oor die oes wat hulle afhaal. Die pryse wat aangekondig is, is egter teleurstellend, sê Fourie. Songedroogte rosyne se prys het byvoorbeeld van R35/kg na R28/kg gedaal.

“Met die huidig wisselkoers is die produsentepryse tans onder druk. Alles dui daarop dat produsenteprys 10 tot 20% laer kan wees as verlede jaar,” verduidelik Fourie. – Koos du Pisanie, Plaas Media

Vir meer inligting, skakel gerus met Wessel Lemmer by 071 354 2948 of met Wilco Fourie by 082 789 6207.

Must read

Die BEK-pad is nié besaai met rose nie

Estimated reading time: 4 minutes ’n Studie in hoe om dit níé te doen nie. Dit is hoe Nick Serfontein die staat se hantering van...

RSG Landbou: 6 Mei 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor katbos en hittestres by kleinvee. Katbos Het jy geweet katbos, wat groot probleme vir landbouers veroorsaak,...

LandbouRadio: 6 Mei 2026

In Woensdag, 6 Mei se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: In Leon die skaapherder se Woensdagwenk, gesels hy oor blaasstene. Johan gesels met Judi...

Dinamika en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse lusernhooibedryf: Produsentepryse (Deel 4)

Estimated reading time: 7 minutes Vorige artikels in hierdie reeks het gefokus op aspekte soos die gradering, gehalte, produksiegebiede en produksiemetodes van lusernhooi. In hierdie...

Glaring lack of industry contributions in gazetted FMD vaccination scheme

Estimated reading time: 7 minutes The final Section 10 Routine Vaccination Scheme for Foot and Mouth Disease (FMD) was published in the Government Gazette on...