Groot nuus in die kultivarsektor – Plaas TV vertel meer

Estimated reading time: 2 minutes

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

  • ‘n Redelike onbekende onkruid is besig om weiding in Noordwes en die Noord-Kaap oor te neem. So sê onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt. Hier is prof Reinhardt met meer.
  • Ten spyte van omstandighede is die Angorabedryf verheug oor die sukses wat hulle met die afgelope seisoen se Angora-ramveilings behaal het. Petrie Maré van House of Fibre brei hieroor uit.
  • Plaas TV het onlangs een van die Pannar Extravaganza-boeredae, wat op die Waterval-boerevereniging se terrein op Val (Mpumalanga) gehou is, bygewoon. Die bestuur van weerstandigheid en korrekte mielie- en sojaboonkultivarkeuses was die hoof besprekingspunte tydens dié boeredag. Nico Barnard, Pannar se landboukundige vir Gauteng, Suid-Mpumalanga en die Oos-Vrystaat, sê slim bestuursbesluite die belangrikste kwessie wanneer dit by opbrengs kom. Gerhard Engelbrecht, Pannar se landboukundige vir die Oostelike Hoëveld en Limpopo, het op sy beurt weer oor weerstandigheid in onkruid gesels. Engelbrecht glo behoorlike en noukeurige rekordhouding is ‘n produsent se beste wapen teen weerstandigheid. Plaas TV het gaan inloer.
  • Die Suid-Afrikaanse wolbedryf het tans verskeie hindernisse om te oorkom, insluitend ‘n afname in die vraag. Hierdie afname kan gedeeltelik toegeskryf word aan die wêreldwye ekonomiese impak van die konflik tussen Rusland en Oekraïne, sowel as die toename in die koste van goedere en dienste. Plaas TV se Carin Venter het met ‘n paar van die belanghebbendes in die bedryf tydens die tweejaarlikse Nasionale Wolwekersvereniging (NWKV) se kongres in Oos-Londen gesels.

Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.

Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!

Klik op die YouTube kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A

Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.

Regverdige en billike vergoeding vir grond

Estimated reading time: 5 minutes Artikel 25(2) van die Grondwet van die Republiek van...

Predators and problem animals on South African livestock farms

Estimated reading time: 6 minutes Livestock producers face many challenges, such as predator-related losses....

Ondersoek na vleisgehalte van die Boran-bees

Estimated reading time: 6 minutes Die Boran word beskou as ‘n vroeg-volwasse, medium-raam dier....

‘n Makro-wen met minerale en vitamiene

Estimated reading time: 5 minutes Dierevoeding gaan oor die verskaffing van voedingstowwe in die...