Gevorderde voermenger sorg vir beter melkbeesgesondheid

Estimated reading time: 4 minutes

Die regte voerstelsel kan die verskil beteken tussen ’n kudde wat gedy en een wat bloot net bestaan. So sê Dylan Eagleston, ’n melkprodusent van Stockton Farm naby Creighton in KwaZulu-Natal. Hy het onlangs oorgeskakel na ’n Trioliet-voermenger.

Dylan gebruik die Trioliet-voermenger al vir etlike maande en is beïndruk met dié stewige masjien se robuuste ontwerp en presiese sny- en mengmeganismes wat meer akkurate en egalige mengsels met minder moeite en groter betroubaarheid lewer. Die masjien bied ook ander voordele omdat dit so vinnig en doeltreffend werk. Dit maak die werkers se hande los om op ander belangrike take te fokus sonder dat hulle heeltyd op die beeste se voer en rantsoenering hoef te fokus.

Die voordele van Trioliet-voertegnologie

Hierdie kragtige toerusting maak gebruik van tegnologie wat in Nederland vir die internasionale landboumark ontwikkel is. Smith Power Equipment is die enigste verskaffer van Trioliet-voermengers in Suid-Afrika en die handelsmerk het in ‘n japtrap sy merk landswyd by verskillende groot- en kleinvee- asook varkprodusente gemaak.

Volgens Herman Meintjes van Smith Power Equipment is hierdie voermengers taai en behoorlik aanmekaar gesit. Die kombinasie van hoë-gehalte lemme, dikker dryfasse, en gevorderde meng- en snymeganismes verseker dat Trioliet se masjiene ‘n lang leeftyd het. Waar nodig, kan dit ook werk sonder dat dit beweeg en die tweespoedratkas verbruik minder krag as soortgelyke mengers.

Dit alles verseker ’n vinniger uitset terwyl ’n verskeidenheid van ander voere soos tef, lusern en ander byvoedings ook gemeng kan word. Dylan sê die 900 melkbeeste op sy plaas ontvang die nodige nutriënte danksy die voermenger se beskikbare verstellings wat sorg dat voer na gelang van die diere se veranderende behoeftes en groeisiklusse aangepas word.

’n Gebruikersvriendelike stelsel wat tyd spaar

“Ons het ’n paar jaar lank ’n tradisionele voermenger met ouer tegnologie gebruik en is geensins spyt oor ons oorskakeling na die Trioliet-voermenger nie. Die produsent se dag het nie genoeg ure nie en ons was dus op die uitkyk vir toerusting wat werklik tyd en moeite spaar, én beter werkverrigting sou lewer. Ek beveel ‘n oorskakeling na Trioliet ten sterkste aan en deel graag my ervaring met ander veeboere,” sê Dylan.

Herman bied tegniese ondersteuning in KwaZulu-Natal en voeg by dat die Trioliet-voermenger op- en afskaling, konsekwente rantsoene, verbeterde doeltreffendheid en minder vermorsing bied. Dit neem maar ‘n paar dae vir ‘n werkspan om by die nuwe stelsel aan te pas en die gebruikersvriendelike ontwerp, bystand en opleidingshulpbronne verseker dat gebruikers die funksies vinnig onder die knie kry.

’n Slim belegging met goeie bystand

Gerhard Taljaard, Smith Power Equipment se heelgoedere-verkoopsbestuurder vir die streek en nasionale onderdelebeplanningsbestuurder, sê die regte voerstelsel is ’n slim belegging wat goeie opbrengste in ‘n relatiewe kort tydperk lewer. Hierdie voordele is duidelik sigbaar in ‘n kudde se verbeterde produksievermoë en gesondheid.

Die regte voerstelsel kan die verskil beteken tussen ‘n kudde wat gedy en een wat bloot net bestaan.

“Ons Trioliet-toerustingverkope word ondersteun deur ons omvattende handelaarsnetwerk wat tot in die uithoeke van Suid-Afrika en sy buurlande strek. Daar is genoegsame voorraad by ons verspreidingsentrum in Johannesburg beskikbaar en ons werk hand-aan-hand saam met ons handelaars om te verseker dat noodsaaklike voorraad vinnig beskikbaar is, waar produsente dit ook al benodig. Ons voermengers se pryse is uiters mededingend en word saam met vooraanstaande landbouhandelsmerke soos Kubota, Ausa en Fede verkoop,” sluit hy af.

Lees meer oor die ekonomie van skaal en die uitbreiding van ’n veeboerdery.

Vir meer inligting, skakel Geoffrey Green, Smith Power Equipment se digitale bemarkingsbestuurder by 011 284 2053, stuur ’n e-pos na geoffrey@smithpower.co.za, of besoek www.smithpower.co.za.

E-Kubota trekkerreeks

Must read

Johann Vosser, besturende direkteur van Vleissentraal Bosveld, en Wilma Prinsloo, provinsiale sekretaresse van TLU Limpopo.

TLU streef na beter landbou-omgewing

Estimated reading time: 7 minutes Tegnologie, saamstaan en regeringsamewerking is die bene waarop ’n vooruitstrewende landbou-omgewing gebou sal word. Dit het aan die lig gekom tydens die TLU SA se kongres wat vroeër die maand in...
Guy English, the 2024 KZN Kwanalu Young Farmer of the Year.

Guy English wins 2024 Kwanalu Young Farmer Award

Estimated reading time: 3 minutes The KwaZulu-Natal Agricultural Union, Kwanalu, is proud to announce that Mooi River Beefmaster cattle and maize producer, Guy English, has been awarded the title of 2024 KZN Kwanalu Young Farmer...
Somerset Oos se landbouskou het iets vir almal aangebied. Die organiseerders wat hard agter die skerms gewerk het, was, van links, voor, Martin Lombard, Jane Cumming en Nicky Kruger. Agter is, van links, Jacques Loubser, Elize Swanepoel, Stella Booyens, Ezelle Marais, Erick Klopper en Niel Wilke, namens sy pa, Charl Wilke (skouvoorsitter).

Somerset-Oos se landbouskou belê in die gemeenskap

Estimated reading time: 3 minutes Somerset-Oos se 198ste landbouskou, wat van 5 tot 7 September gehou is, het, ten spyte van die leë kleinveestalle as gevolg van streng bek-en-klouseer-maatreëls, verskeie aktiwiteite vir oud en jonk...
RSG Landbou

RSG Landbou: 16 September – geborg deur Plaas Media

Estimated reading time: 2 minutes Landbou moet seëvier – dis die boodskap wat by vanjaar se TLU SA-kongres uitgestaan het. In Maandag se RSG Landbou gee Bennie van Zyl terugvoer. Ons hoor ook van twee...

Voorbereiding vir ’n dissiplinêre verhoor

Estimated reading time: 4 minutes Werkgewers moet seker maak wat van hulle verwag word voor en gedurende ’n dissiplinêre verhoor. Dit is belangrik dat die werkgewer ten volle voorbereid is sodat alle relevante feite, dokumentasie, bewyse...