Estimated reading time: 6 minutes
- Terbufos is een van die organofosfaatgroep- plaagdoders wat insek- en aalwurmdodende eienskappe besit.
- Terbufos is vir verskeie gewasse in Suid-Afrika geregistreer, waarvan aartappels een van die grootste teikengewasse is.
- Registrasie van ’n landboumiddel in Suid-Afrika word slegs deur die Registrateur van die Wet op Mis- stowwe, Veevoedsel, Landboumid- dels en Veemiddels, 1947 (Wet 36 van 1947) toegestaan.
- Terbufos is vir verskeie gewasse in Suid-Afrika geregistreer, waarvan aartappels een van die grootste teikengewasse is.
- Mense wat aartappels met die hand optel word dus aan beduidende hoeveelhede terbufos deur die vel blootgestel.
Terbufos is een van die organofosfaatgroep- plaagdoders wat insek- en aalwurmdodende eienskappe besit. Die molekule is ’n tipiese organofosfaat met ’n pentavalente fosfor-atoom waaraan twee etoksigroepe, een dubbelgebonde swawel-atoom en een disulfiede-groep gekoppel is (Figuur 1).
Dit het ’n baie hoë akute orale giftigheid (mondelingse inname) vir soogdiere, maar is effens minder giftig vir voëls. Kontak met die vel is ook gevaarlik vanweë ’n baie hoë velgiftigheid. Om die giftigheid in konteks te plaas, is die akute orale giftigheid van terbufos LD50 = 1.3 tot 1.57 vir wyfierotte, en die akute velgiftigheid vir hase is LD50 = 1.1 mg/kg oor ’n 24 uur-periode gestel. Dit beteken dat ’n wyfierot van 300 g so min as 390 mg tegniese terbufos moet inkry om die gevaar te staan om ernstig vergiftig te word, terwyl minder as 330 mg terbufos met velblootstelling die dier kan doodmaak.
Terbufos as sulks is nie vlugtig nie en daarom is die risiko van inaseming skraal, tensy ’n persoon ’n terbufos- spuitmengsel inasem. Wanneer ter- bufos in die grond aangewend word, loog dit nie maklik nie omdat die wateroplosbaarheid daarvan baie laag is. Die molekule bind sterk aan klei- partikels in die grond, waar dit onder normale omstandighede vir so lank as 90 dae aktief sal bly, afhangend van die hoeveelheid wat gedoseer is.
Lees meer oor die 2022 Syngenta Aartappelboer van die Jaar.
Registrasiedoelwitte van terbufos
Terbufos is vir verskeie gewasse in Suid-Afrika geregistreer, waarvan aartappels een van die grootste teikengewasse is. Meeste van die kommersiële terbufosmiddels is vir die swart mieliekewer op aartappels gere- gistreer, maar een middel is ook vir plantluise op aartappels geregistreer.
Registrasie van ’n landboumiddel in Suid-Afrika word slegs deur die Registrateur van die Wet op Mis- stowwe, Veevoedsel, Landboumid- dels en Veemiddels, 1947 (Wet 36 van 1947) toegestaan op grond van veldproefdata vir bepaalde gewas- plaagkomplekse. Terbufos mag dus net aangewend word vir die plae soos op etikette aangedui.
Verder is daar dosisse op alle etikette vir swart mieliekewer, 66 g per 100 plantvoor, en 20 tot 30 kg/ha vir plantluise (afhangend van die klei- inhoud van die grond) vir die produk wat ook vir plantluise geregistreer is. Die laasgenoemde breëspektrum- aanwending behels ’n dosis van 3 g van die formulasie per vierkante meter, of 450 mg van die aktiewe bestanddeel terbufos per vierkante meter. Dit is die maksimumdosis wat nodig is om effektiewe plaagbeheer toe te pas.
Volgens gerugte word daar soms ver meer as die etiketgerigte dosis terbufos op aartappels aangewend. Die redes vir hierdie oormatige aanwending is onduidelik, maar is waarskynlik om die meeste van die aartappelplae met een middel te probeer uitwis. Daar is verskeie redes waarom oordosering van terbufos op aartappels ’n groot risiko vir produs- ente inhou.
Gesondheidsgevare vir werkers
Aartappelproduksie is ’n intensiewe soort boerdery wat baie werksure in die landerye vereis. Wanneer groot- skaalse oordosering van terbufos in landerye plaasvind, ontstaan ’n risiko vir plaaswerkers wat in landerye werk.
Velkontak met grond, veral sande- rige grond waarin hoë konsentrasies terbufos voorkom, hou ’n wesenlike gevaar in. Werkers wat tydens oestyd aartappels optel wat nie deur masjine- rie geoes is nie, is in direkte aanraking met grond en dus ook met oorbly- wende terbufosresidu. Al word daar streng by die onthoudingsperiode van 90 dae gehou, is daar steeds ’n risiko as terbufos oordoseer word.
Enige landboumiddel se aktiewe bestanddeel is onderworpe aan omgewingsfaktore wat dit fisies en chemies na minder giftige stowwe afbreek. Terbufos se gewone halveer- tyd is ongeveer 27 dae; met ander woorde, ná 27 dae is die aanvanklike dosis van 450 mg per vierkante meter verminder na ongeveer 225 mg per vierkante meter. As die onthoudings- periode van 90 dae gehandhaaf word, is daar dus slegs ongeveer 40 mg per vierkante meter oor.
Die grondbewerkingsdiepte verskil van streek tot streek, maar in ’n gemid- delde diepte van 300 mm is die hoe- veelheid terbufos in die grondvolume 1.33 mg/kg. Dit vat nie veel dinkwerk om te bereken dat soveel as 6 tot 7 mg terbufos per kilogram grond op 90 dae teenwoordig sal wees, as terbufos soveel as vier keer oordoseer word nie.
Mense wat aartappels met die hand optel word dus aan beduidende hoeveelhede terbufos deur die vel blootgestel. Daar is ook die geringe kans vir mondelingse inname want enige mens neem met daaglikse akti- witeite ’n klein hoeveelheid stof, sand en grond in. Inaseming van terbufos is wel moontlik, hoewel die dampdruk daarvan baie laag is.
Gesondheidsgevare vir verbruikers
Die maksimum residulimiet (MRL) van terbufos vir aartappels in Suid- Afrika is 0.1 mg/kg en as die dosis tot en met 90 dae vóór oestyd korrek aangewend word, behoort die terbufosresidu nie die MRL te oorskry nie. Wanneer terbufos egter in hoër dosisse toegedien word, sal die MRL van 0.1 mg/kg per kilogram wel oorskry word, al word dit vóór die 90 dae-onthoudingsperiode toegedien. Dit skep nie net vir mense ‘n risiko nie, maar hou ’n baie ernstige bemarkingsrisiko vir produsente in.
Varsproduktemarkte doen gereeld analises van vars groente en vrugte om te bepaal of daar onaanvaarbare plaagdoderresidu’s in die eetbare kommoditeite is. Selfs verwerkers wat byvoorbeeld bevrore skyfies uit vars aartappels produseer of die versna- peringvervaardigers wat kraakskyfies produseer, doen analises. As hulle terbufos wat hoër as die MRL is in aartappels opspoor, is dit neusie verby vir produsente.
Insekweerstand teen organofosfate
Benewens terbufos is daar ook agt ander organofosfaat-insekdoders vir plae op aartappels geregistreer. Al die organofosfate behoort tot dieselfde weerstandsgroep, naamlik IRAC Groep 1B wat asetielcholienesterase- inhibeerders is.
Weerstand teen insekdoders ontwikkel wanneer insekdoders óf onderdoseer, óf oordoseer word. As terbufos oordoseer word, is daar ‘n baie sterk moontlikheid dat insekte soos swart mieliekewer en plantluise weerstand teen alle organofosfate kan opbou. Wat van groter kommer is, is dat baie van die wurmplae soos aartappelmot en -blaarmyners ook weerstand teen organofosfate opbou. Wanneer produsente dan die plae met ander organofosfaat-insekdoders takel, mag daar geringe sensitiwiteit teenoor sulke middels wees wat kop- sere vir produsente sal veroorsaak.
Verantwoordelike aanwending
CropLife SA maan aartappelprodu- sente om plaagdoders streng volgens etiketvoorskrifte aan te wend. Dit is nie net ‘n wetlike vereiste nie, maar ook in belang van produsente om hul produkte se bemarkbaarheid te ver- seker en hul plaaswerkers se gesond- heid te beskerm. – Dr Gerhard Verdoorn, CropLife
Vir verdere navrae, kontak dr Gerhard Verdoorn by 082 446 8946 of gerhard@croplife.co.za.