Sunday, March 9, 2025

Bonsmara SA beplan vir ’n vol 2025

Estimated reading time: 3 minutes

Aan die einde van 2024 kon Bonsmara SA met trots terugkyk op ’n baie besige, maar uiters suksesvolle jaar waarin 60 jaar se bestaan gevier is.

Die Bonsmara Classic, die jaarlikse Rooi Geleentheid en nasionale veiling wat weereens rekordpryse opgelewer het, was maar die begin van ’n jaar waarin die genootskap se telers weer bewys het waarom die ras ná 60 jaar steeds die gesogste ras in Suider-Afrika is.

Verskeie toekennings

Ons telers het tydens die SA Stamboek Elite-streekstoekennings uitstekend gevaar met drie Platinum-wenners en vyf streekswenners. In die Dubbelgoud- en Goudkategorie was 55% van die ontvangers Bonsmara-telers. In die Silwer- en Bronskategorie was 35% van die ontvangers Bonsmara-telers.

Hierdie prestasies is bevestig met ’n uitstekende veilingsjaar waarin ons diere op 111 produksieveilings aangebied is en uitstekende verkope plaasgevind het.

Die feit dat kommersiële telers steeds bereid is om in die Bonsmara te belê in tye waarin die bedryf onder geweldige druk is, wys dat hierdie produsente volhoubare besluite vir die toekoms neem om te verseker dat hul boerderye se veekomponent oor die lang termyn suksesvol sal wees.

Vooruitsigte vir 2025

Die volgende 60 suksesvolle jare begin natuurlik in Februarie 2025 wanneer die eerste produksieveilings afskop.

Maart is oudergewoonte weer Bonsmara-maand met ’n vol program op 17, 18 en 19 Maart. Op 17 Maart word die tweede Bonsmara Classic op die pragtige Vaal de Grace-gholflandgoed in Parys aangebied. Ons sien daarna uit om weer al ons landbouvennote in die bedryf daar byeen te bring.

Op 18 Maart vind Bonsmara SA se hoof besluitnemingsgeleentheid plaas. Dit sal bestaan uit ons kommunikasie-oggend en algemene jaarvergadering vir telers wat van regoor die land kom.

Die groot veiling

Die middag van 18 Maart is dit weer tyd vir groot opwinding en die verrigtinge begin met die voorveilingsinspeksie wat plaasvind om te verseker dat slegs die beste diere in die bedryf, op 19 Maart by Bonsmara SA se nasionale veiling in die Afridome in Parys aangebied sal word.

Die oggend van 19 Maart geniet ons weer uitstekende sprekers soos die internasionale beeskenner, PJ Budler, tydens die Bonsmara SA Rooi Geleentheid by Stonehenge River Lodge. Tydens hierdie hoogtepunt op die landboukalender, sal ons weer ‘n oorsig geniet van nie slegs die probleme en uitdagings in ons bedryf nie, maar ook die geleenthede wat ontwikkel en bestaan.

Wat die res van 2025 betref is daar weer ’n propvol program met meer as 100 produksieveilings wat regoor die land sal plaasvind, verskeie klubgeleenthede, opleidingsdae, boeredae en dies meer. Ons nooi graag ieder en elk in die landboubedryf om betrokke te raak en 2025 ’n suksesvolle jaar vir die Suid-Afrikaanse beesprodusent te maak. – Louis Steyl

Must read

Skouseisoen in volle swang – op Plaas TV

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Williston-landbouskou het dié dorpie...

Boere maak sports op Brits

Estimated reading time: 6 minutes Meer as 200 jongboere van regoor OBARO se bedieningsarea het verlede Vrydag en Saterdag in spanverband kragte gemeet om te...

Omstredenheid oor Onteieningswet deur Agri SA aangespreek

Estimated reading time: 3 minutes Die Onteieningswet, wat die landboubedryf en georganiseerde landbou in ’n groot debat gewikkel het, het verdeeldheid en onsekerheid ontlok oor...

Williston-landbouskou 2025: Sonskyn na die reën

Estimated reading time: 5 minutes Williston-landbouskou is ’n hoogtepunt op die Karoo se landboukalender. Ten spyte van knellende landboutoestande en droogtes waaronder boere gebuk gaan,...

LandbouRadio: 7 Maart 2025

In vandag se LandbouRadio: Ons Vrydag-nuusbulletin. Dr Gerhard Verdoorn praat oor die Afrika-kommandowurm. Agri-Expo vertel meer oor hulle projekte vir die jaar. Daar is 'n gesprek met Jenny...