Thursday, November 21, 2024
HomePlaas TV"Boer dat dit bars" op Plaas TV

“Boer dat dit bars” op Plaas TV

-

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

  • Chemunique is a keynote speaker sponsor at this year’s Animal Feed Manufacturers Association – AFMA Symposium, held on 31 October in Pretoria. Terry Wiggil now elaborates on the importance of their sponsorship.
  • Plaas TV het onlangs Plaas Media se derde Veeplaas Klimaatslim Boeredag naby Kenhardt in die Noord-Kaap bygewoon. En ons was verstom! So baie insig, passie en raad is tydens dié dag gedeel met ‘n sentrale boodskap van Charl Saunderson, die 2024 Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur: Het jy redes, of het jy verskonings? Kom ons kyk.

Gaan terug in die verlede hier “Veeplaas Climate-smart Ambassador”.

  • Agri Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar vir 2024 is onlangs aangewys. Hannes Bruwer van Genade boerdery vertel ons nou meer van sy boerdery en die verskil wat hy in sy gemeenskap maak.
https://youtu.be/voFhmJTCFqQ
Wes-Kaap se Jongbour van die Jaar:“Daar is plek vir ons kleinboere”
  • Die sestiende LRF Veeskool het vanjaar die vergrootglas op veerkragtigheid in die veebedryf geplaas. Van die makro-omgewing, tot op plaasvlak en selfs die tegnologie wat al hierdie onderwerpe saamvat om veerkragtigheid in boerdery te verbeter, is deur verskeie kenners bespreek. Kyk hier na ‘n reeks video’s met rolspelers vir terugvoer. Plaas Media is die trotste mediaborg van die LRF Veeskool.

Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.

Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!

Klik op die YouTube-kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A

Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.

Must Read

2024 #BeefPerformers: ARC National Special Performance Test Class

Estimated reading time: 2 minutes The best beef producers and their beef cattle are once again celebrated in the Agricultural Research Council’s National Beef Performer...