BKB Merino Classic bring beste genetika

Estimated reading time: 3 minutes

Die BKB Merino Classic 2025 het tydens NAMPO Kaap op Bredasdorp Park plaasgevind. Altesame 27 telers het 327 diere vir die skou ingeskryf en 229 vagte is vir die BKB Nasionale Merino-vagskou ingeskryf.

Willie van Heerden, bestuurder van Merino SA, sê die BKB Merino Classic het die kollig op topgehalte-genetika geplaas. Dit gaan egter nie net oor die skou van die diere en hul vagte nie, dit gaan ook oor die interaksie tussen mense en die uitruil van gedagtes.

  • Van links is Corné Nel, BKB se bestuurder: Vesel in die Wesstreek; Dirk Hanekom, ’n direkteur van NAMPO Kaap; DeWe Giliomee, die sameroeper van die BKB Merino Classic; Grant Naudé, voorsitter van Merino SA; en Willie van Heerden, bestuurder van Merino SA.

Spesiale kampioenskappe

Die BKB Merino Classic se vertoner met die meeste punte was Dirk Hanekom van Korenhof Merino’s, Klipdale. Hanekom het ook die grootkampioen-ram vertoon. Die vertoner van kampioene was Roelo van Heerden van die plaas Onderstetuin, Murraysburg. Die grootkampioen-ooi is deur Stefan Naudé van Geelbek Elite Merino’s, Hanover, vertoon. Naudé is ook as die teler van die beste paar van een ram en een ooi aangewys

  • Kampioenram met die beste bouvorm – Eienaar: Stephan Naudé van Geelbek Elite Merino’s, Hanover. Van links is Ockert van der Merwe van Voermol (borg), Marie en Stefan Naudé, Piet Venter van BKB (borg) en Sipho Ngongo (hanteerder).

Kampioenvagte aangewys

Die kampioenvag uit die 229 vagte wat vir die BKB Nasionale Merino-vagskou ingeskryf was, het ’n punt van 94 uit 100 behaal en die reserwe kampioenvag het ’n punt van 93 uit 100 behaal. Daar was ses vagte wat gesamentlik derde gekom het – al ses die vagte het ’n punt van 92 uit 100 behaal.

Die kampioen-Merinovag is deur Thinus du Plessis van Nu Poll Merino’s, Middelburg, geproduseer. Hy het die vag aan die Karel Theron Laerskool op Middelburg geskenk om aan die vagkompetisie deel te neem.

Die ses Merino-vagte in die derde plek by die BKB Nasionale Merino-vagskou het elkeen ’n punt van 92 uit 100 behaal. Van links is Grant Naudé van Nitique-boerdery, Hanover; Corné Nel, BKB se bestuurder: Vesel in die Wesstreek; Stephan Naudé van Skuilhoek, Hanover; Artho Saayman van Platkop, Riversdal; Gus du Toit van Du Toit Broers, Langkloof; Sinon de Jager, namens Trump Merino’s, Diep Rivier, De Aar; en Johan Kotzé van Korhaansrug Merino’s, Moorreesburg.

Streekkampioene se beste

Vir die eerste keer ooit is ’n SA Merino-kampioenram by NAMPO Kaap aangewys. Die ramme wat aan die kompetisie deelgeneem het, het nie aan die BKB Merino Classic deelgeneem nie. Die kampioen is gekies uit die Vrystaat, Noord-Kaap en die Suid-Kaap se kampioenramme wat vroeër vanjaar in die onderskeie streke aangewys is.

Die eerste SA kampioenram is die Vrystaat se kampioenram wat deur Eddie en Eduard Prinsloo van die Heuningkrans Merinostoet, Smithfield, geteel is. Die ram is deur Diederick Vermeulen van die plaas Vrede, Phillpstown, gekoop.

Van links is Eddie en Lizette Prinsloo, Diederick Vermeulen, en Hermaans Galant, die hanteerder saam met die eerste SA kampioenram.

Merino SA vereer rolspelers

Buiten die skaap- en vagkampioene wat tydens die skou aangewys is, het Merino SA ook prominente Merino-telers en ander rolspelers by die skou en by die Merino Classic Gala-aand vereer vir hul bydrae tot die Merino-bedryf.

Die drie telers wat spesiale toekennings ontvang het, is Dirk Hanekom van Korenhof Merino’s, Bredasdorp; Manie Fourie van Oude Muragie Merino’s, Riversdal; en Dirkie Uys van Kommarsekraal Merino’s, Bredasdorp.

Robert Scott, verantwoordelik vir opleiding by BKB, het ’n toekenning gekry vir die rol wat hy oor baie jare gespeel het met die reël van Merino-vagskoue. Hy het weer vanjaar die BKB Nasionale Merino-vagskou gereël. – Hugo Lochner, Plaas Media

  • Christelle Basson, bestuurder: Bemarking en kommunikasie van OVK; Jacques le Roux, hoofbestuurder by OVK Vesel; Frans Hugo, bestuurder: Veselverkryging (Suid- en Wes-Kaap) van OVK; en John Melville, bestuurder: Veselvergkryging, Noord en Karoo van OVK. (Foto: Susan Marais)

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on...

Suiwelgehalte en -veiligheid vat die voortou

Estimated reading time: 4 minutes Die Suiwelstandaard-agentskap (SSA) is toegewy tot die bevordering van sy...

AFMA Matrix April 2026 now available

In the April 2026 edition of AFMA Matrix, the spotlight falls on the newly...