HomeMarketsBig Mac-indeks: Rand onderwaardeer in Julie 2023

Big Mac-indeks: Rand onderwaardeer in Julie 2023

-

Estimated reading time: 2 minutes

Die bekende Big Mac-indeks, wat die markwaarde van verskillende geldeenhede vergelyk, is in Julie weer opgestel. Die indeks gebruik die prys van ‘n Big Mac-burger by McDonald’s in verskillende lande as maatstaf. In Suid-Afrika kos ‘n Big Mac R49,90, maar in Amerika betaal jy $5,58 daarvoor. Teen ‘n wisselkoers van R17,78 in Julie, is dit meer as R100 vir ‘n Big Mac in Amerika. Dit wys dat die rand 49,7% onderwaardeer is volgens die indeks, en dat die wisselkoers eintlik R8,94 sou moes wees as jy na die koopkrag van die geldeenhede kyk. Die rand het egter herstel na ‘n paar slegte maande en het in Julie teen R17,93 teen die Amerikaanse dollar en R19,70 teen die euro gesluit.

Die verbruikersprysindeks (VPI) het in Mei 2023 verder gedaal tot 5,4% op ‘n jaar-tot-jaar basis en die produsenteprysindeks (PPI) het skerp tot 4,8% gedaal (sien Figuur 1). Die prima uitleenkoers bly onveranderd op 11,75%. Die geelmielieprys het baie geskommel en het gedurende die eerste helfte van die maand aansienlik gestyg en daarna weer tot R3 529/ton gedaal.

Beeskarkaspryse het in Julie gestyg. Die gemiddelde A2-prys was R52,03/kg, die B2-prys was R48,27/kg en die C2-prys was R46,95/kg. Die speenkalfprys het ‘n goeie maand gehad met baie groei as gevolg van ‘n laer aanbod van kalwers en ‘n hoë vraag van mielieprodusente wat reste wil laat wei. Die speenkalfprys was R34,27/kg aan die einde van die maand.

Die skaapkarkaspryse het dieselfde patroon as die vorige maand gevolg, met die A2-prys wat min verander het, maar die B2- en C2-pryse wat verbeter het. Die A2-prys was R89,98/kg, die B2-prys was R67,64/kg en die C2-prys het baie gestyg tot R67,19/kg. Die speenlamprys het min geskommel en was R42,61/kg in Julie.

Die prys van klas O-varkkarkasse het gedurende Julie op en af beweeg, maar naby aan die R29/kg merk gebly en daarteen gesluit gesluit. – Hannes Venter en Frikkie Maré, Departement Landbou-ekonomie, Universiteit van die Vrystaat.

Figuur 1: Maandelikse tendens van die VPI, PPI en prima uitleenkoers.

Kry nog marknuus.

Must Read

Extensive research conducted on disease resistance

Every year animal diseases lead to millions of rand worth of production losses. Since control is becoming increasingly more expensive and challenging, scientists are...