Bek-en-klouseergeval in Gauteng bevestig

Estimated reading time: 2 minutes

Gauteng Veterinêre Dienste het op 2 Mei ‘n verklaring uitgereik waarin beide vee-eienaars en veilingshuise in kennis gestel is dat ‘n geval van bek-en-klouseer op 30 April in die Mogale munisipale distrik bevestig is. Die bees is by ‘n veiling in Gauteng gekoop, maar is afkomstig uit ‘n ander provinsie.

Die owerhede het versoek dat ag geslaan word op die Raad vir Landbouproduk-agente (APAC) se biosekuriteitsriglyne vir veilings, en dat alle vee-eienaars en veilingshuise moet voldoen aan wetgewende vereistes en regulasies in hierdie verband.

Lees die persverklarig hier.

Gesondheidsverklarings ‘n probleem

Volgens die Gautengse veterinêre dienste word onvoltooide gesondheidsverklarings by veilingspersele se hekke uitgedeel aan vervoerkontrakteurs, voertuigbestuurders, eienaars en spekulante, en dan lukraak voltooi. Gesondheidsverklarings deur eienaars/verkopers is regsdokumente en enige vervalsing of onvolledige inligting kan tot vervolging lei. Die owerhede het eienaars en vervoermaatskappye versoek om vorms korrek te voltooi en alle wetlike vereistes na te kom ten einde die land se veestapel en -bedryf te beskerm.

Veilingskrale is ook daarop gewys dat die ontvanger (nuwe eienaar) van vee ‘n onderneming moet onderteken dat die vee met aankoms by die uiteindelike bestemming, vir 28 dae in isolasie gehou sal word voordat hulle by bestaande kuddes gevoeg word. ‘n Afskrif van die onderneming moet by die veilingshuis/kraal geliasseer word.

Wees paraat

Indien enige vermoede sou bestaan dat ‘n dier BEK onder lede het, of om bewegings/vervoerpermitte te verkry, kontak die volgende staatsveeartse: Dr Duma Mpofu (Germiston) by 071 543 3028, Dr Jaison Mpofu (Randfontein) by 072 900 0869, of Dr Farah Abdool-Khader (Tshwane) by 072 084 4339. – Lynette Louw, Plaas Media

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on...

Suiwelgehalte en -veiligheid vat die voortou

Estimated reading time: 4 minutes Die Suiwelstandaard-agentskap (SSA) is toegewy tot die bevordering van sy...

AFMA Matrix April 2026 now available

In the April 2026 edition of AFMA Matrix, the spotlight falls on the newly...