Monday, March 10, 2025

Afslaers, beesskoue, waterbestuur en vele meer op Plaas TV

Estimated reading time: 2 minutes

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

  • Vier opvanggebiedbestuursagentskappe is onlangs deur die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, tydens die Waterinstituut van Suider-Afrika se konferensie bekend gestel. Volgens Agri SA verteenwoordig dit ‘n mylpaal vir waterbestuur. Janse Rabie van Agri SA brei nou hieroor uit.
  • Die Noord-Kaapse RPO-kongres het onlangs in Kimberley plaasgevind, waar kwessies soos uitvoere, swak produkpryse, hoër insetkoste en verswakkende infrastruktuur bespreek is. Plaas Media se Koos du Pisanie het ook hier met rolspelers gesels.
  • Die gewilde Ellisras-beesskou vind vanjaar weer vanaf 4 tot 6 Julie plaas. ‘n Verskeidenheid beesrasse sal hier tentoongestel word. Guy Emslie, die voorsitter van die skou, brei nou hieroor uit.
  • Die Semonkong Hospitaaltrust is ‘n geloofsgebaseerde organisasie wat sedert 2006 ‘n jaarlikse weeklange veeartsuitreik in Semonkong, Lesotho aanbied. Gedurende hierdie week kom veeartse, studente en vrywilligers bymekaar om onder andere diere te behandel en vee-eienaars op te lei wat die versorging van diere betref. Solitha Kruger brei nou hieroor uit.

Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.

Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!

Klik op die YouTube kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A

Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.

Die bestuur van somatiese seltelling in melkbeeste (Deel 1)

Estimated reading time: 5 minutes Hoë somatiese seltelling (SST) in melkkoeie is ’n simptoom van...

On buying a cheaper Chinese vehicle

Estimated reading time: 4 minutes Gert, our farm mechanic, often gets consulted by young staff...

The future calf in mind: Supplementation of beef cows

Estimated reading time: 5 minutes The nutritional requirements of beef cows change as they proceed...

Laat die beeste die praatwerk doen

Estimated reading time: 7 minutes Hulle is aangewys as KwaZulu-Natal se Jongboer van die Jaar...