In Maandag, 31 Augustus se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Ons spring weg met dr WA Lombard en hy vertel wat lesers van die September-uitgawe van Veeplaas kan verwag.
- Prof Johan Willemse is aan die woord met sy weeklikse markverslag.
- John Melville gesels oor die netheid van skeerhokke en hoe belangrik lug en lig in ‘n skeerhok is.
- Johan gesels met Adéle du Toit, woordvoerder van die Suid Afrikaanse Rooibosraad, oor rooibos se bydrae tot die ekonomie en toerisme.
- Pieter Möller deel weer sy maandelikse boodskap met ons landbouers.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.



