RSG Landbou: 5 Augustus 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor wie veg vir die SA wynbedryf aan die tafel en 2026 se Nampo Kaap.

Wie veg vir die SA wynbedryf aan die tafel

Wie veg vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf se plek aan die tafel? Agter elke bottel wyn staan ‘n span mense en Christo Conradie van South Africa Wine gesels met ons oor marktoegang en beleid.

2026 Nampo Kaap

“Saam groei ons beter”, is die tema van vanjaar se Nampo Kaap. As een skakel van die landbouwaardeketting seer kry, kan die res nie optimaal funksioneer nie. So verduidelik die voorsitter van Bredasdorp Park, Henk Aggenbach. Nampo Kaap word vanaf 9 ot 12 September aangebied.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Weidingsgehalte in die berugte doodmaakmaande

Estimated reading time: 7 minutesSuurveld kom hoofsaaklik in die hoëreënvalgebiede van die oostelike dele...

Boost young animals’ immunity before the lambing and calving season

Estimated reading time: 4 minutesVaccinating ewes and cows four to six weeks before lambing...

Klimaatslimboerdery bied kos vir die siel én die veld

Estimated reading time: 8 minutesDit het Veronica Rorich se passie geword om herwinningsboerdery aan...

AFMA Matrix September 2026 – Forum issue now available

Estimated reading time: 2 minutesThe September 2026 edition of AFMA Matrix is a special...