In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor weidingsbestuur in ariede gebiede en die MPO se dieregesondheid-en-welsynsprojek.
Weidingsbestuur in ariede gebiede
Verkeerde weidingsbestuur wat plantegroei in ariede gebiede soos dele van die Noord-Kaap beskadig, kan tot ‘n 100 jaar neem om te herstel. Dit was die boodskap van prof Helga van der Merwe aan kongresgangers by die 61ste kongres van die Weidingsvereniging van Suider-Afrika. Ons het daar met haar gesels.
MPO se dieregesondheid-en-welsynsprojek
Verder kuier dr Mark Chimes van Melk SA in die ateljee. Hy is die projekleier van die Melkprodusente-organisasie se dierewelsyns- en -gesondheidsprojek. Een van hul navorsingsprojekte is om vas te stel vir hoe lank die bek-en-klouseer virus in melk uitgeskei word en in die uier van besette koeie oorleef.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.
