In Donderdag, 25 Junie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Leon de Beer, voormalige bestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging, gesels oor van die hoogtepunte tydens sy betrokkenheid by die NWKV.
- Declan Hofmeyr, president van die Suid-Afrikaanse Natuurbestuursvereniging, gesels oor hulle kongres in Augustus, die sprekers wat gaan optree en die program.
- Johan gesels met Marianne van der Laarse, besturende direkteur van AgriJob, oor hulle AgriCAREERConnect-dae vanjaar.
- Dr Johnny van der Merwe lewer weer sy weeklikse AMT-markverslag.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
