RSG Landbou: 7 Mei 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die onthoorning van kalwers, veediefstal in die Potchefstroom-distrik en ons ontvang die nuutste weervooruitsigte en vleispryse.

Onthoorning van kalwers

Die onthoorning van kalwers is ‘n algemene bestuurspraktyk in die vleisbeesbedryf, maar waarom word dit gedoen, en is dit werklik nodig? Dr Rulien Erasmus van die Landbounavorsingsraad beantwoord ‘n paar vrae oor hierdie onderwerp.

Veediefstal in die Potchefstroom-distrik

Voorvalle van veediefstal neem toe in die Potchefstroom-distrik en beeste se hakskene word soms deur veediewe afgekap. Dit is nie ‘n onbekende diefstaltegniek nie, maar dit bly ‘n grusame gebruik wat boere moedeloos maak. Murray Deacon van die plaaslike boerevereniging sê buiten die toename van veediefstalvoorvalle, is daar ook suksesverhale ten opsigte van misdaad in die gebied. Hy vertel ons meer.

Nuutste weervooruitsigte en vleispryse

Moet ook nie ons weergesprek met Johan van den Berg misloop nie. Dan is Chris Derksen terug met die week se vleispryse.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

Agri Wes-Kaap stel Jongboer van die Jaar 2026-kandidate bekend

Estimated reading time: 4 minutes Agri Wes-Kaap het vandeesweek die kandidate vir sy 2026 Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie aangekondig. Die organisasie het...

Biosecurity under pressure: What it means for South African agriculture

Estimated reading time: 4 minutes Biosecurity has become one of the most pressing challenges facing South African agriculture in 2026. This is underscored by the...

Karoo Winter Wool Festival returns in 2026 – better than ever!

Estimated reading time: 5 minutes This July, all roads once again lead to the heart of the Karoo and the historic town of Middelburg in...

Oorvloedige reën bring hoop én uitdagings vir Noord-Kaapse produsente

Estimated reading time: 2 minutes Almal in die Noord-Kaap het verwag dat boere die winter met ’n swaar hart sou ingaan. Die reën het egter...

Stamboek Times Mei 2026

Die jongste weergawe van SA Stamboek se nuusbrief, Stamboek Times, is nou beskikbaar. In die Mei-uitgawe kan lesers uitsien na die volgende: BGP2: Jaar 3 skop...