In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor Aartappels SA se navorsingwerk, Suid-Afrika se appel- en peerbedryf betree ‘n opwindende nuwe hoofstuk en ons ontvang die nuuste vleispryse en weervooruitsigte.
Aartappels SA se navorsingwerk
Dink aan ‘n gesonde, smaaklike aartappel – gesondheid uit die grond uit! Dis wat Aartappels SA se navorsingwerk verseker. Annemarie van der Merwe is dié organisasie se nuwe bestuurder van navorsing en innovasie, en sy gesels met ons oor haar agtergrond en opwindende nuwe planne.
Suid-Afrika se appel- en peerbedryf
Suid-Afrika se appel- en peerbedryf betree ‘n opwindende nuwe hoofstuk, gedryf deur innovasie, samewerking en nuwe-generasie produsente. Calla du Toit van Tru-Cape en Hortgro vertel meer hieroor.
Nuutste vleispryse en weervooruitsigte
Chris Derksen verskaf die jongste vleispryse en moenie ons gereelde landbouweergesprek met Johan van den Berg misloop nie.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.