In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 Hollard Game Changer-toekenning, veiligheid van melk op ons winkelrakke en ons ontvang die nuutse weervooruitsigte en vleispryse.
Jong grensverskuiwer in die suiwelbedryf
Agri-Expo is op soek na die volgende jong grensverskuiwer in die suiwelbedryf. Is jy jonger as 40 en lewer reeds ‘n betekenisvolle en meetbare bydrae tot die suiwelbedryf? Moet dan nie ons gesprek met Andries Wiese van Hollard misloop nie.
Veiligheid van melk
Daar is die laaste ruk baie vrae rondom die veiligheid van die melk op ons winkelrakke, gegewe die huidige bek-en-klouseer krisis. Jompie Burger van die Suiwelstandaard-agentskap beantwoord hierdie kwelvraag.
Nuutste weervooruitsigte en vleispryse
Kom luister ook wat Johan van den Berg oor die jongste landbou-weervooruitsigte te sê het. Dan is Chris Derksen terug met die week se vleispryse.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


