In vandag se RSG Landbou luister ons na Francois Rossouw, Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar en Louis Botha, wat sy kennis oor die Letelle-skaapras oordra.
Francois Rossouw, ‘n tafeldruifprodusent van Mooigezicht Landgoed in die Hexriviervallei, is vanjaar as die Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar aangewys. Ons luister weer na die gesprek wat ons met hom gehad het nadat hy die provinsiale jongboerkompetisie gewen het.
Het jy geweet die Letelle-skaap is ‘n ras wat nie algemeen in Suid-Afrika voorkom nie. Louis Botha van die Memel-omgewing het vroeër met ons oor die eienskappe van dié besonderse skaap gesels.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.