RSG Landbou: 4 Desember 2025 – geborg deur Husqvarna

In vandag se RSG Landbou is daar meer oor ‘n risiko-ontledingstudie vir die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf, aspekte wat in ag geneem moet word met die aankoop van ‘n bossiekapper en ons ontvang die jongste weervooruitsigte en vleispryse.

Risiko-ontledingstudie vir die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf

Het jy geweet dat die wisselvalligheid van die klimaat ‘n impak op die rooivleisproduksieproses het? Dit is maar een van die risiko’s wat die plaaslike rooivleisbedryf in die gesig staar. Winsgewendheid, dieresiektes en menslike hulpbronbestuur is ook ter sprake. Die Universiteit van Pretoria is tans besig met ‘n risiko-ontledingstudie vir die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf en dr Danie Jordaan vertel ons meer.

Koop van ‘n bossiekapper

Ons praat ook met Anthony Jacobs van Husqvarna oor aspekte wat in ag geneem moet word wanneer ‘n bossiekapper vir die werk op jou plaas aangekoop moet word.

Nuutse landbouweervooruitsigte

Dis Donderdag en veral ons produsente in somerreënvalgebiede moenie Johan van den Berg se bydrae oor landbouweervooruitsigte misloop nie.

Jongste vleispryse

Chris Derksen brei uit oor die jongste vleispryse.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

Agri Wes-Kaap stel Jongboer van die Jaar 2026-kandidate bekend

Estimated reading time: 4 minutes Agri Wes-Kaap het vandeesweek die kandidate vir sy 2026 Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie aangekondig. Die organisasie het...

Biosecurity under pressure: What it means for South African agriculture

Estimated reading time: 4 minutes Biosecurity has become one of the most pressing challenges facing South African agriculture in 2026. This is underscored by the...

Karoo Winter Wool Festival returns in 2026 – better than ever!

Estimated reading time: 5 minutes This July, all roads once again lead to the heart of the Karoo and the historic town of Middelburg in...

Oorvloedige reën bring hoop én uitdagings vir Noord-Kaapse produsente

Estimated reading time: 2 minutes Almal in die Noord-Kaap het verwag dat boere die winter met ’n swaar hart sou ingaan. Die reën het egter...

Stamboek Times Mei 2026

Die jongste weergawe van SA Stamboek se nuusbrief, Stamboek Times, is nou beskikbaar. In die Mei-uitgawe kan lesers uitsien na die volgende: BGP2: Jaar 3 skop...