In Woensdag, 26 November se LandbouRadio, kan jy uitsien na ‘n propvol program:
- Leon die skaapherder is aan die woord met sy Woensdagwenk, hierdie keer oor melkkoors.
- Johan Gunter gesels met Wikus Bekker van All-in-One Crux Dohne’s oor sy deelname aan die Vrystaat-jongooiklub se kompetisie.
- Dr Mark Chimes, bestuurder van Melk SA se dieregesondheids- en welsynsprogram, praat oor die Keniaanse bek-en-klouseerentstof wat sommige veeboere probeer invoer.
- Dr Peter Evans gee ‘n opdatering oor die jongste bek-en-klouseersituasie.
- Izak Hofmeyr van Plaas Media het tydens die Harrismith distriksboere-unie se jaarafsluiting met dr Roelof Botha, bekende ekonoom, oor ekonomiese vooruitsigte gesels.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.