In vandag se RSG Landbou is daar ‘n gesprek met Integrisure oor parametriese versekering en ons vind meer uit oor ‘n nuwe boek vir Suid-Afrika se varkstoettelingsbedryf.
Parametriese versekering
Soms is daar risiko’s wat buite ‘n boerdery se beheer is en ‘n goeie voorbeeld hiervan is veediefstal. Tans is daar geen versekering teen veediefstal in Suid-Afrika beskikbaar nie. Kallie Cilliers van Integrisure verduidelik waarom dit so is en hoe hierdie tipe risiko bestuur kan word.
Nuwe boek vir Suid-Afrika se varkstoettelingsbedryf
Suid-Afrika se varkstoettelingsbedryf het in 2019 hul 100ste bestaansjaar gevier. ‘n Nuwe boek bevat hierdie hoogtepunte saam en die redakteur, dr Danie Visser, praat met ons hieroor.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

