RSG Landbou: 8 Oktober 2025 – geborg deur BKB

In vandag se RSG Landbou kyk ons na wat jy kan doen as jy ’n substandaard voedselproduk gekoop het, ons vind meer uit oor SAVPO se statutêre maatreëls en laastens hoor ons hoe die huidige wolseisoen positiewe resultate toon en wat die vooruitsigte vir die wolbedryf is.

Hoe gemaak wanneer jy ‘n substandaard voedselproduk koop

Hoe gemaak wanneer jy ‘n substandaard voedselproduk gekoop het? Ons beantwoord ‘n vraag wat onlangs deur ‘n verbruiker ingestuur is.

SAVPO kry groen lig vir voortsetting van statutêre maatreëls

Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie of SAVPO se aansoek om statutêre maatreëls voort te sit is goedgekeur en dr Marlene Louw vertel ons meer.

Stand van die wolmark

Ons praat ook met Leon du Plessis van BKB oor die huidige wolseisoen wat tot dusver positiewe resultate lewer. Leon gee die redes hiervoor en gesels ook oor vooruitsigte vir die wolbedryf.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

LandbouRadio: 7 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Dinsdag, 7 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Johan gesels met dr Bobbby van der Westhuizen, hoofbestuurder...

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...