LRF Veeskool is ’n móét vir die veebedryf: Registreer nou!

Share This Post

Estimated reading time: 4 minutes

As jy op hoogte wil bly van die nuutste genetika-navorsing, veeproduksietegnieke, bedryfstendense en veegesondheidsake, moet dan nie vanjaar se 17de Lewendehawe Registrerende Federasie (LRF) Veeskool misloop nie. Die byeenkoms word oudergewoonte by die Aldam-vakansieoord en -konferensiesentrum buite Ventersburg gehou en vind vanjaar van 8 tot 10 Oktober. Dus nog net ’n maand oor om te registreer!

Vanjaar se tema is “Smart Stockmanship: Back to Basics” en is daarop gemik om tydlose beginsels wat op veebestuur, gesondheidsaspekte, boerderybestuur, teling en dies meer behoorlik deur te trap en dit met hedendaagse omstandighede te trou. Vooruitgang word met ope arms verwelkom sonder dat die kernbeginsels wat suksesvolle boerdery omskryf, uit die oog te verloor word.

Op die agenda

Die Veeskool beloof om weereens breinkos te bied met ’n indrukwekkende rits sprekers wat almal spesialiste en praktisyns in hul veld is.

Markte en mededingendheid: Dr Gerhard Neethling, algemene bestuurder van die Rooivleisabattoirvereniging (RVAV), skop verrigtinge af met ’n voordrag oor hedendaagse vleismarkvereistes, uitvoere en die rooivleiswaardeketting. Gerhard van der Burgh, senior ontleder by die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) en besturende direkteur van IVIS (Integrated Value Information System), gesels oor mededingendheid, spesifiek Suid-Afrika versus die internasionale mark vir rooivleis. Prof Norman Maiwashe, hoofbestuurder by die Diereproduksie- afdeling van die Landbounavorsingsraad (LNR), bespreek die belangrikheid van openbare navorsing en ontwikkeling vir die bevordering van mededingendheid.

Genetika, navorsing en ontwikkeling: Prof Bob Weaber, hoof van die Oos-Kansas Navorsings- en Voorligtingsentrum by die Kansas State-universiteit en Dr Christian Duff, bedryfshoof by ABRI, bring hul jarlange kennis oor vleisbeesgenetika na die tafel.

Veldbestuur en grond: Dr Louis du Pisani, onafhanklike landboukonsultant, en Gerrit van Zyl, stoetteler van Hanzyl Bonsmaras, weet dat volhoubare produksie by die grond begin, en nie by die beeste nie. Daar is baie te leer by hierdie bekende figure in die Suid-Afrikaanse landboubedryf en die sessies beloof om baie praktiese waarde toe te voeg.

Dieregesondheid: Reproduksie, siekteweerstand, entstowwe en voeding is van die onderwerpe wat deur kundiges soos dr Stephan Hughes, veearts en reproduksiespesialis by Howick Veterinary Clinic, dr Danie Odendaal, eienaar van die Veearts Netwerk, Erin Graham, tegniese bestuurder en verbeteringspesialis by Molatek/RCL Foods, en dr Schabort Froneman, Zoetis tegniese bestuurder: Herkouers. Leer oor bulvrugbaarheid, rumenontwikkeling en die jongste siektetendense en -bestuurstelsels waarvan alle veeboere moet weet.

Effektiwiteit, seleksie, prestasie en wins: Dr Nina Casagrande, internasionale vennotebestuurder by Vytelle, prof Bob Weaber en Johan Styger, voorsitter van die LRF en eienaar van BTB Simmentalers, is van die sprekers wat sal gesels oor alles van voerdoeltreffendheid tot  genetika en prestasie-aanwysers – jy kan dit nie misloop nie!

Finansiële en besigheidsaspekte: Prof Cletos Mapiye van die Universiteit Stellenbosch sal gesels oor laekoste-alternatiewe bronne vir veevoer terwyl Mornay Verster die beginsels van suksesvolle besigheidsbestuur gaan aanpak.

Veeskoolgangers kan uitsien hierna en verskeie ander sprekers wat sake soos naspeurbaarheid en praktiese sessies sal insluit. Tydens die kraalsessies sal sprekers soos Kobus Bester, LRF-direkteur, die kernaspekte van beesseleksie uitwys en dr Douglas Bruce, veearts by die Bargrove Veterinary Group en dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk sal ‘n sessie lei oor praktiese dieregesondheid.

Vir meer inligting, laai die volledige voorlopige program hier af.

Ruim netwerkgeleentheid

Die Veeskool bied ook ruim geleentheid vir skouers skuur met belanghebbendes in die veebedryf en natuurlik met ons getroue en gewaardeerde borge. Die program bevat oudergewoonte ‘n semi-formele galafunksie en prysuitdeling, wat Donderdagaand, 9 Augustus, sal plaasvind, en waartydens die LRF onder andere sy Santam Landbou Veeprodusent van die Jaar sal aanwys.

Die tyd raak min!

Die Veeskool is ’n leerplatform by uitstek en ‘n móét vir veeprodusente en ander rolspelers in die veebedryf wat op hoogte wil bly van die jongste tegnologie en tendense wat die winsgewendheid en volhoubaarheid van die bedryf verseker. Dis ook ’n perfekte geleentheid vir dié wat hul geheue wil verfris, veepraktyke wil optimaliseer of selfs net hul netwerk wil verbreed. Spaie is beperk, so moenie hierdie prima-geleentheid op die landboukalender misloop nie.

Klik hier om vir die 2025 LRF-Veeskool te registreer.

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 18 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a wholly...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not as...

Bloednier: Die stille moordenaar onder kleinvee

Estimated reading time: 4 minutes Om vroeg in die oggend...