In vanoggend se RSG Landbou het Lise met gaste gesels oor onder meer oplossings vir voedingstekorte, vleispryse, weer, die Bosvelder Studiegroep se veiling en die nuwe Oos-Kaapse jongboer van die jaar.
Oplossings vir voedingstekorte
Natuurlike veldweiding bly die grondslag van die meeste veeboerderystelsels. Voedingstekorte kan egter lei tot ‘n afname in produksie, reproduksie en algehele kuddegesondheid. Esmari Rautenbach van Feedtek gesels oor ‘n oplossing vir dié tekorte.
Hoe lyk die vleispryse?
Ons het ook nuus oor hierdie week se vleispryse.
‘n Veiling en weer
Theo Hoffman van die Bosvelder Studiegroep praat oor hul veiling van 23 Augustus en Johan van den Berg is terug met landbou-weervooruitsigte.
Hier is Oos-Kaap se bobaasboer
Verder is ‘n produsent van die Langkloof aangewys as die 2025 Agri Oos-Kaap Jongboer van die Jaar en ons hoor wat hy oor dié eer te sê het.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


