Dis winter en longontsteking is seker een van die belangrikste siektes om voor uit te kyk. Dis volgens dr Danie Odendaal van Veeartsnetwerk. Hy bespreek die faktore wat bydra tot dié veesiekte en of dit moontlik is om dit heeltemal te voorkom.
Heinrich Victor is terug met die wolmarkverslag.
Dan heers daar ‘n hele paar wanopvattings oor die Boranbeesras. Sommige voerkrale beskou die Boran as nie geskik vir hulle bedryf nie. Ons praat met Francois Smit van die Fonteine Boranstoetery in Noordwes.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


