Die 2024 Wêreld-suiwelspitsberaad is verlede jaar in Parys aangebied. Melt Loubser van Fair Cape Dairies en vise-voorsitter van Melk SA, het dié geleentheid bygewoon. Hy gesels oor die fokus van die beraad en hoe die plaaslike suiwelbedryf vergelyk met ons eweknieë in die res van die wêreld.
Die Beaufort-Wes Landbouskou vind vanaf 2 tot 5 April plaas en Marette de Villiers vertel ons waarna besoekers vanjaar kan uitsien.
Dan het dr Louis du Pisani ‘n groep Namibiese boere vergesel op ‘n paar plaasbesoeke in die Nood-Kaap wat op herlewingslandbou gefokus het.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.