Thursday, March 6, 2025

Attie Westraad groet die Dorpers

Estimated reading time: 2 minutes

Enigeen wat betrokke is by ’n telersgenootskap sal weet daar word baie dinge agter die skerms gedoen om die bedryf op geoliede wiele te laat loop, waarvan die gewone man in die bedryf nie altyd bewus is nie.

In die Dorperskaaptelersgenootskap van Suid-Afrika was Attie Westraad een van daardie mense wat baie gedoen het vir die kleinveetelers, maar hy het in Desember verlede jaar die tuig amptelik neergelê om meer tyd aan sy gesin te spandeer en hy is ook deesdae voltyds betrokke by sy slaghuis in Middelburg, Oos-Kaap.

Hy vertel dat hy 14 jaar gelede die advertensie van die Dorperskaaptelersgenootskap van Suid-Afrika raakgesien het, aansoek gedoen het daarvoor en op dié manier tussen die Dorperboere beland het. As hy nou terugkyk op sy tyd as rasdirekteur van die Dorperskaaptelersgenootskap van Suid-Afrika, kan hy met ’n oop gemoed sê dit was wonderlike jare waar hy baie geleer het en elke dag ’n rede gehad het om op te staan om sy dagtaak by die genootskap te doen.

Hy vertel laggend dat hy in hierdie 14 jaar geleer het dat diplomasie ’n man baie ver kan bring. “In die bedryf leer jy baie mense ken en jy werk in baie verskillende situasies. En met hoflikheid en diplomasie kan jy baie risiko’s en konflik uit die wegruim”, gesels hy.

Attie het nie net sy merk onder die Dorpertelers gemaak nie, hy was ook by verskeie ander organisasies betrokke. Hy was onder meer vir ’n paar jaar president van die Suid-Afrikaanse Federasie van Kleinveetelersgenootskappe, hy het op die Nasionale Dieregesondheidsforum gedien en is steeds betrokke by die Genetiese Uitvoeradvieskomitee – ’n advieskomitee van die Nasionale Dieregesondheidsforum.

Hy vertel ook dat die Dorperras ’n baie goeie indruk op hom gemaak het en hoewel hy tussen baie ander rasgenootskappe gewerk het, staan die Dorperras vir hom steeds kop en skouers uit as ’n topkleinveeras om mee te boer.

Attie se taak word oorgeneem deur Mariska Blom, wat reeds die leisels geneem het. – Koos du Pisanie, Plaas Media

On buying a cheaper Chinese vehicle

Estimated reading time: 4 minutes Gert, our farm mechanic, often gets consulted by young staff...

The future calf in mind: Supplementation of beef cows

Estimated reading time: 5 minutes The nutritional requirements of beef cows change as they proceed...

Laat die beeste die praatwerk doen

Estimated reading time: 7 minutes Hulle is aangewys as KwaZulu-Natal se Jongboer van die Jaar...

Damage caused by game: Who is legally liable?

Estimated reading time: 5 minutes This raises the question as to whether someone can be...