Thursday, December 12, 2024
HomeMarketsLandboumark-oorsigLandboumarkte: November 2024

Landboumarkte: November 2024

Estimated reading time: 3 minutes

Die rand het gedurende November weereens ‘n stabiele maand teenoor die euro ervaar, maar het verswak teenoor die dollar. Die rand het gedurende November teen R18,06 teenoor die Amerikaanse dollar en R19,09 teenoor die euro gesluit. Beide die verbruikersprysindeks (VPI) en die produsenteprysindeks (PPI) het gedurende Oktober vir die vierde opeenvolgende maand gedaal. Tydens Oktober het die VPI na 2,8% (jaar-op-jaar) gedaal en die PPI het na -0,7% (jaar-op-jaar) gedaal. Die prima-uitleenkoers het gedurende Oktober met 25 basispunte na 11,25% gedaal.

Die geelmielieprys het gedurende November steeds ‘n opwaartse tendens ervaar om ‘n styging van  ongeveer R276/ton te toon. Die geelmielieprys het die maand teen R4 992/ton gesluit met die R5 000/ton merk wat in November deurboor is teen die hoogste prys van 2024 tot dusver van R5 050/ton.

Die wolmark het gedurende November ‘n goeie maand beleef met prysstygings wat toegeskryf kan word aan die swakker rand en ‘n beter presterende Australiese mark. Die aanwyserprys vir gesertifiseerde skoonwol het in November teen R166,89/kg gesluit. Die sybokhaarmark het gedurende November met goeie pryse begin, maar die afwaartse neiging het in die latere veilings voortgeduur. Die aanwyserprys vir November het teen R336,15/kg gesluit.

Beeskarkaspryse (Figuur 1) het gedurende November ‘n effense styging in pryse ervaar, met die A2-karkaspryse wat met R1,30/kg gestyg het en die B2- en C2- pryse wat onderskeidelik met R2,69/kg en R2,64/kg gestyg het. Die maand het afgesluit met ‘n gemiddelde A2-prys van R54,00/kg, die B2-prys van R48,45/kg en die C2-prys van R47,62/kg. Die gemiddelde speenkalfprys het gedurende November steeds ‘n opwaartse tendens ervaar, met ‘n gemiddelde styging van ongeveer R1,16/kg. Die gemiddelde prys het teen R32,96/kg gesluit.

Figuur 1 Beesvleis karkaspryse 2024

Die skaapkarkaspryse het gedurende November ‘n algehele daling in pryse ervaar, met die A2- en C2- karkaspryse wat daal, met marginale stygings in die B2-karkaspryse. Die A2-prys het teen R88,57/kg gesluit, die B2-prys het teen R65,68/kg gesluit en die C2-prys het teen R63,43/kg gesluit. Die gemiddelde speenlamprys het gedurende November effens herstel, nadat pryse redelik gedaal het gedurende Oktober. Die gemiddelde prys het op R39,82/kg gesluit. Die prys van klas O-varkkarkasse het in November ‘n redelike stabiele maand ervaar en toon vir die eerste keer sedert September ‘n sywaartse beweging in pryse. Die prys het dié maand teen R32,69/kg gesluit. – Meyer van der Merwe, Siphiwe Tshabalala en dr WA Lombard,Departement Landbou-ekonomie, Universiteit van die Vrystaat

Must Read

The lion in the room: WRSA addresses concerns in conservation

Estimated reading time: 7 minutes Wildlife Ranching South Africa (WRSA) is currently addressing two Government Gazettes, published on 14 and 15 November 2024, that will...

Droogte halveer NWK-wins