Friday, December 13, 2024

RSG Landbou: 4 November 2024 – geborg deur BKB

Op 28 November vind vanjaar se LNR Vleisbeestoekennings plaas en in hierdie week se RSG Landbou vind ons meer uit oor ván die kategorieë. Maandagoggend vertel Melville Ferreira waaruit bestaan die kriteria vir die Beste Elite-koei-kategorie.

Dan het die Australiese regering in Oktober die gebruik van dachtal-onkruiddoder verbied. Prof Charlie Reinhardt werp lig op dié onderwerp.

Tydens ‘n boeredag op Prieska het dr Angela Buys van Design Biologix met boere gesels oor die waarde van korrekte diagnose en behandeling van veesiektes. Ons het haar hieroor uitgevra.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories