Monday, February 3, 2025
HomePodcastsRSG Landbou: 26 September 2024 - geborg deur Pioneer Saad

RSG Landbou: 26 September 2024 – geborg deur Pioneer Saad

Boere benodig ‘n sistemiese oplossing wanneer daar oor herlewingslandbou gepraat word. Elzandi Oosthuizen van Bayer verduidelik dat hul eerder boere moet help om meer te produseer, minder te gebruik en die natuur te herstel. Sy was een van die sprekers tydens Bayer Crop Science se Innovasie-beraad.

Ons het ook by die geleentheid met Corné Louw van Graan SA gesels oor die waarde van biotegnologie vir die graanprodusent.

Skaaphonddemonstrasies en -kompetisies was ‘n groot trekpleister tydens Nampo Kaap –ons gesels met die SA Skaaphondvereniging en ‘n deelnemer van Witsand.

Verder hoor ons wat het Johan van den Berg oor die weer te sê.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Pioneer Saad.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Regsadvies en landboukennis op Plaas TV

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Die produksie van melkkoeie...