Monday, February 3, 2025

RSG Landbou: 16 September – geborg deur Plaas Media

Estimated reading time: 2 minutes

Landbou moet seëvier – dis die boodskap wat by vanjaar se TLU SA-kongres uitgestaan het. In Maandag se RSG Landbou gee Bennie van Zyl terugvoer. Ons hoor ook van twee van die sprekers. Hans-Jurie Moolman van Moolman en Pienaar Ingelyf brei uit oor grondhervorming en waar die verantwoordelikheid lê. Dan het Ronnie Schilling van TLU SA se Oos-Streek en Natal ook oor veiligheid gesels.

Willem Engelbrecht van Piet Citrus in die Loskopvallei is as Agri Limpopo se Jongboer van die Jaar aangewys en hy brei uit oor hul boerdery. 

Dit alles in RSG Landbou, Maandagoggend om vyf en twintig oor vyf, met Lise Roberts.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories