RSG Landbou: 23 Julie 2024 – geborg deur AECI Plant Health

Paul Collett van Speelmanskop Boerdery in die Cradock-omgewing, is een van drie finaliste in vanjaar se Veeplaas Klimaatslim Ambassadeurprojek. Ons hoor hoe hy saam met die natuur boer.

Agri Expo is een van net twee organisasies wat lid is van die Statebond se Landbougenootskap. Breyton Milford gesels oor die waarde van die lidmaatskap en sy onlangse besoek aan Skotland waar die Statebond-landboukongres en skou aangebied is.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health

AECI Plant Health is ‘n gediverdifiseerde groep. Hul produkte en dienste word aan ‘n breë spektrum van kliënte verskaf in die mynbou, waterbehandeling, plant- en dieregesondheid, voedsel en drank, infrastruktuur en lagemene industriële sektore.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Die invloed van individuele spasietoekenning op lammers se voer- en waterinname (Deel 1)

Estimated reading time: 8 minutes Die stygende wêreldvraag na voedsel tesame met ’n afname in...

Van toeka tot nou: Slagdag op die plaas

Estimated reading time: 6 minutes Ná ’n slagdag is daar seep gekook, vet en kaiings...

Agbiz Grain Quarterly May 2026

The May 2026 issue of Agbiz Grain Quarterly boasts an impressive lineup of articles,...

Dinamika en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse lusernhooibedryf: Produsentepryse (Deel 4)

Estimated reading time: 7 minutes Vorige artikels in hierdie reeks het gefokus op aspekte soos...