Paul Collett van Speelmanskop Boerdery in die Cradock-omgewing, is een van drie finaliste in vanjaar se Veeplaas Klimaatslim Ambassadeurprojek. Ons hoor hoe hy saam met die natuur boer.
Agri Expo is een van net twee organisasies wat lid is van die Statebond se Landbougenootskap. Breyton Milford gesels oor die waarde van die lidmaatskap en sy onlangse besoek aan Skotland waar die Statebond-landboukongres en skou aangebied is.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health
AECI Plant Health is ‘n gediverdifiseerde groep. Hul produkte en dienste word aan ‘n breë spektrum van kliënte verskaf in die mynbou, waterbehandeling, plant- en dieregesondheid, voedsel en drank, infrastruktuur en lagemene industriële sektore.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.