94ste NWKV-kongres: Suid-Afrikaanse wolprodusente in die voorste produksielinie

Estimated reading time: 6 minutes

Vanjaar se 94ste Nasionale Wolkwekersvereniging-kongres het gefokus op volhoubare wolproduksie en ’n indrukwekkende lys van belangrike sake wat regstreeks betrekking het op die Suid-Afrikaanse wolbedryf se toekoms.

Tydens die geleentheid wat op 12 en 13 Junie by die Pine Lodge-konferensiesentrum in Gqeberha gehou is, is ook totsiens gesĂȘ aan Leon de Beer wat die organisasie byna 21 jaar lank as hoofbestuurder gelei het. Dan Kriek, met verskeie jare se ervaring in die landbou, het die leisels sedert Mei vanjaar opgeneem.

Lees meer oor die onlangse NWKV se Vrystaatkongres hier.

Die normale gang van sake

Eie aan die NWKV, het vanjaar se kongres op ’n warm noot afgeskop met ’n voorsittersverslag deur Billy van Zyl. Hy het verwys na algemene uitdagings in die bedryf soos die uitrol van entstowwe deur Onderstepoort Biologiese Produkte (of OBP), dieregesondheid, skeerdienste, lone en salarisse en politieke aangeleenthede.

In sy finale verslag as uittredende hoofbestuurder van die organisasie, het De Beer verslag gedoen oor onder meer biosekuriteit en naspeurbaarheidsaangeleenthede, studiegroepe, skeerdienste en predasiemonitering wat nou ook in die Oos-Kaap by Mount Fletcher aandag kry deur die opleiding van kommunale produsente.

Die gassprekers by vanjaar se kongres was Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz, Peter Ackroyd, hoofbedryfsbeampte van The Campaign for Wool Development, Johan KotzĂ©, Agri SA se uitvoerende hoof, en (in ’n virtuele opname) Dalena White, sekretaris-generaal van die Internasionale Wol- en Tekstiel-organisasie (IWTO).

Onvermydelike verwikkelinge

HB van der Walt het as ondervoorsitter van die NWKV ’n terugblik gegee op sy bywoning van vanjaar se IWTO-kongres in April in AustraliĂ«. Hy het gesĂȘ gevaarligte flikker vir die hele wolbedryf as gevolg van die Europese Unie (EU) se voorgestelde Product Environment Footprint (PEF)-wetgewing oor die koolstofvoetspoor van wol as ’n natuurlike vesel. Volgens die EU is daar aanduidings dat sintetiese tekstiele ’n beter groen voetspoor as natuurlike vesels het.

“Die Suid-Afrikaanse wolbedryf lewer in hierdie stadium insette oor die samestelling van die voorgenome wetgewing, veral in die lig daarvan dat die EU sekere aspekte heeltemal buite rekening laat. As voorbeeld neem die EU die ontginningsproses van olie by materiaal glad nie in ag nie, en ook nie die impak van mikroplastiek oftewel fast fashion-kledingstukke wat so maklik op rommelhope beland nie.

“In teenstelling daarmee kan wolkledingstukke tweedehands gebruik word, in die omgewing gehersirkuleer word en terselfdertyd sonder enige nadelige uitwerking in die natuur teruggesit word,” het Van der Walt gesĂȘ.

Hy het ook kortliks uitgebrei oor nog ’n gesprek by die IWTO-kongres oor die chemiese skeer van skape. Dit is ’n toetslopie wat in hierdie stadium deur die Universiteit van Adelaide onderneem word en tot dusver baie belowende resultate opgelewer het.

Lees meer oor die onlangse NWKV-skaapdag hier.

Volhoubare produksie

Deon Saayman, hoofbestuurder van Cape Wools SA, het gesĂȘ produsente moet onthou die primĂȘre doelwit van sertifisering is om op die lang termyn ’n internasionale mark vir Suid-Afrikaanse wol te skep en te handhaaf. Hy het verskeie stappe uitgewys wat die waarde van Suid-Afrikaanse wol as ’n volhoubare produk en wolmark in die internasionale mark te bevorder. “Suid-Afrika is tans die grootste volhoubare verskaffer van wol in die wĂȘreld – iets waarop wolprodusente trots kan wees.”

Hy het gesĂȘ modehuise dring aan op die deursigtigheid, naspeurbaarheid en volhoubaarheid van die produkte op hul rakke. “Dis baie belangrik om ons Suid-Afrikaanse wol op ’n blokketting na die internasionale marke te neem. Ons probeer regtig om die bedryf te posisioneer vir die toekoms en dit vir die handelsmerke maklik te maak om hul wol uit Suid-Afrika te verkry.

“Daarom is dit belangrik om aan die verskillende standaarde te voldoen. Die Responsible Wool Standard (RWS) is in 2016 deur Textile Exchange in die lewe geroep om aan die groot handelsmerke en modehuise se voorwaardes te voldoen. Daarna het die Suid-Afrikaanse wolbedryf in 2019 die Sustainable Cape Wools Standaard (SCWS) ingestel wat aan internasionale standaarde voldoen en terselfdertyd vir Suid-Afrikaanse produksietoestande gepas is.

“Die hele mikpunt van blokkettingtegnologie is om die goeie werk wat produsente reeds op die plaas doen, te dokumenteer en daardie prentjie na die buitewĂȘreld te neem. Dit is vir ons geweldig positief hoe die produsente, spesifiek ook ons wolprodusente, ingekoop het in hierdie konsep om Suid-Afrikaanse wol diĂ© voorkeurwol in die wĂȘreld te maak,” het Saayman gesĂȘ. – Carin Venter, Plaas Media

Vir navrae, kontak die Nasionale Wolkwekersvereniging by 041 365 5030 of nwga@nwga.co.za.

Prickly pears as a grazing crop

Estimated reading time: 8 minutes The first prickly pears arrived in South Africa shortly after...

’n Belegging in prestasietoetsing verseker volhoubare kuddeverbetering

Estimated reading time: 4 minutes Diere se prestasie word bepaal deur hul genetiese samestelling sowel...

Pak die lente- en groenweidingsuitdagings trompop

Estimated reading time: 4 minutes Die lenteseisoen in Suid-Afrika se somerreënvalgebiede kan om verskeie redes...

Unlocking production potential, one step at a time

Estimated reading time: 8 minutes Unlocking the full production potential of the livestock industry –...