HomeAgri NewsSuksesvolle kongres vir NWKV Vrystaat

Suksesvolle kongres vir NWKV Vrystaat

Estimated reading time: 2 minutes

Vrystaat se Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) het op 28 Februarie 2024 ’n kongres by Amanzi Wildplaas naby Brandfort aangebied. Deon Saayman van Cape Wools het tydens sy spreekbeurt uitgebrei oor die verskillende funksies wat hulle in die wolbedryf vertolk en hulle planne om ’n groter mark vir Suid-Afrikaanse wol te bewerkstellig, gedeel. Daar is gekyk na die veranderinge wat onder verbruikers gesien word en hoe wol relevant sal kan bly in die toekoms.

Stefan Gerber van Gerber & Co. het aan die gehoor vertel hoe hulle dit reggekry het om hulle eie wol te verwerk en sodoende produkte soos truie vervaardig het. Beheer is verkry oor verskeie skakels in hulle waardeketting en dit het gelei tot waardeverkryging.

Lees meer oor die wolmarkte hier.

Pesbeheer en bemarking

Dokter Angela Buys van Design Biologix het die produsente ingelig oor die oorsprong en ontwikkeling van die besigheid tot waar dit vandag is. Sy het uitgebrei oor hulle produkte wat spesifiek gemaak word vir virusse en bakterieë wat in Suid-Afrika voorkom en dus pasgemaak is vir ons land se produsente. Produsente wat uitbrekings op hulle plase ervaar waarvoor daar nie ’n geregistreerde entstof is nie, is genooi om met Design Biologix kontak te maak vir die ontwikkeling van pasgemaakte entstowwe.  

Lees meer oor die veerkragtigheid van die wolbedryf hier.

Jacques le Roux, hoofbestuurder van vesel (wol en bokhaar) by OVK, het op sy beurt punte aangeraak rakende geleenthede vir wolprodukte om raakgesien te word deur verbruikers in die toekoms. Volgens Le Roux kan wol meer bemark word onder kliënte wat die produkte kan bekostig.

Herman Archer is tydens die kongres herverkies as voorsitter vir NWKV Vrystaat en Dennis Louw as ondervoorsitter. Bom Louw is tydens die geleentheid met ‘n Silwer Ram-toekenning vereer vir sy bydrae tot die NWKV en wolbedryf gedurende sy loopbaan. – WA Lombard, Plaas Media

RSG Landbou: 25 Julie 2024 – geborg deur AECI Plant Health

Die nuwe koringtarief is verlede week uiteindelik aangekondig en Tobias Doyer van Graan SA verduidelik waarom ‘n tarief noodsaaklik...

New partnership to address national and international challenges

Estimated reading time: 4 minutes The Agricultural Research Council (ARC) and the Ekim Wildlife Centre of Excellence have partnered with...

Ellisras hou ‘n witwarm beesskou in die koue

Estimated reading time: 5 minutes Dertien bees- en tien kleinveestoettelers het vroeg in Julie die snerpende koue aangedurf om altesaam...

RSG Landbou: 24 Julie 2024 – geborg deur AECI Plant Health

Die rol en waarde van die heuningby was die fokus van ‘n opvoedkundige dag wat onlangs op die Vergelegen...

Op die skeerplatform: Goeie praktyke in die skeerseisoen

Estimated reading time: 6 minutes Wanneer die skeerseisoen op die plaas aanbreek, is ordelikheid, deeglike reëlings, en goeie organisasie van...

Boere verheug oor nuwe koringtarief

Estimated reading time: 3 minutes ’n Nuwe koringtarief van R176/ton is op 18 Julie in die Staatskoerant aangekondig en is...

Keep exploring...

The South African cattle and sheep market – Part 1: Supply

Livestock production in South Africa is as old as the hills. The sheep spotted by the first European seafarers on the South African coast...

The South African cattle and sheep market – Part 2: Demand

In the first part of this series we looked at the supply of sheep and cattle in South Africa and concluded that it decreased...