NWKV-skaapdag: Klein verstellings, groot veranderings

Estimated reading time: 3 minutes

Biologiese oplossings vir suksesvolle wolskaapproduksie was die tema van ’n boeredag wat onlangs op Eeram, naby Harrismith in die Vrystaat, aangebied is. Die dag is deur die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), in samewerking met verskeie insetverskaffers, gereël.

Die volgende onderwerpe is bespreek:

  • Holistiese wumbeheer deur dr Didi Claassen van Afrivet.
  • Die rol wat goeie dataverwerking en toepassing op winsgewendheid kan hê deur Ben Joubert van BKB se Dataverwerkingsdiens DSS (Data Selection Services).
  • Nuwe era enstowwe deur Design Biologix.
  • Die ekonomiese opmaak van skeersels deur Jacques Vlok van OVK.
  • Die ekonomiese afronding van eie lammers deur CT du Plessis van Voermol.

Dit is deurgaans benadruk dat dit verstellings aan klein dingetjies in ’n boerderystelsel is wat tot groot veranderinge in die winsgrense kan lei.

Voeding bly belangrik

Wat die voeding van lammers betref, het CT du Plessis daarop gewys dat die voeromsetvermoë van ’n lam tot en met die ouderdom van 60 dae in die orde van een-tot-een is en dat dit dus sinvol is om daardie lam die beste moontlike geleentheid te gee om te groei. Die voeromsetverhouding verswak gaandeweg totdat dit teen die ouderdom van 140 tot 160 dae in die orde van 5,5:1 is.

Volgens Du Plessis is kruipvoer is ’n baie effektiewe manier om van die voordelige voeromsetverhouding van jong lammers gebruik te maak.

Ben Joubert van BKB se DSS-afdeling het daarop gewys dat dit dikwels die swakste 20% van die kudde is wat 80% van die kostes van die kudde veroorsaak.

Deur die kudde in vyf groepe in te deel volgens die top 20% tot die onderste 20% in terme van opbrengs in kilogramme gespeen in terme van eie liggaamsmassa, tesame met kilogramme wol gelewer in terme van liggaamsmassa, kan ’n mens jouself oriënteer ten opsigte van die skape wat werklik jou aandag verdien.

Dit is die onderste 20% wat dan mettertyd uit die kudde gefaseer kan word. Intussen kan die bydrae van daardie groep tot die inkomste van die kudde verhoog word deur ’n strategiese kruisteelprogram om die kilogramme wat hierdie groep speen te verhoog. Daar is wel soms skape wat selfs binne so ’n program nie na wense presteer nie. Hulle moet onmiddellik uit die kudde verwyder word.

Dr Didi Claassen het deur middel van ’n praktiese demonstrasie gewys hoe om ’n nadoodse ondersoek aan te pak as dit nie moontlik is vir die veearts om dit te doen nie. Indien die karkas korrek oopgemaak word en videos op die regte manier geneem word, kan die veearts genoeg wys word om sinvolle kommentaar te lewer.

Die idee van die boeredag het by Gert Loggenberg, ’n plaaslike boer, ontstaan. – Izak Hofmeyr, AgriOrbit

Must read

Kanola ervaar dinamiese oplewing

Estimated reading time: 7 minutes Die toekoms van die kanolabedryf in Suid-Afrika is vanjaar in een van die sessies van ‘Nasie in Gesprek’ by Nampo Kaap op Bredasdorp bespreek. Groei in die kanolabedryf, hoe...

RSG Landbou: 2 Oktober 2023 – geborg deur Plaas Media

Goeie nuus vir landbou en inwoners wat afhanklik is van water uit die Kougadam – sedert Maart vanjaar het die dam met meer as 50% gestyg. Rienette Colesky van die Gamtoos-besproeiingsraad gee terugvoer hieroor...

Cream of the crop recognised during yield competition

Estimated reading time: 2 minutes The best of the best was recently crowned at Grain SA’s Grow for Gold Awards ceremony held in Johannesburg. The awards are aimed at giving recognition to producers who...

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse is nie, maar wel plaashekpryse wat BTW uitsluit. Get the...

Get ready for the 2023 ARC National Beef Performers Awards

Estimated reading time: 6 minutes The Agricultural Research Council (ARC) will once again present its National Beef Performers Awards in 2023. This is the 45th instalment of the awards, the aim of which is...