Wes-Kaap onttrek aan Jeugskou weens BEK

Estimated reading time: 2 minutes

Die Wes-Kaapse Landboujeugvereniging het aangekondig dat hy hom aan die opkomende Nasionale Jeugskoukampioenskap in Mpumalanga onttrek. Dit geld vir alle afdelings. Dit volg ná ’n dringende vergadering tussen die bestuur, afrigters en alle landbouskole in die provinsie. Die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer in die Oos-Kaap het tot hierdie besluit aanleiding gegee.

Breyton Milford, uitvoerende hoof van Agri-Expo en voorsitter van die Wes-Kaapse Landboujeugvereniging, sĂȘ die Wes-Kaap is tot dusver bek-en-klouseer-vry. Indien dit na die provinsie versprei, sal dit verreikende gevolge vir die veebedryf en die ekonomie inhou.

Moeilike, hartseer besluit

Hy sĂȘ dit was ’n moeilike en hartseer besluit, aangesien heelwat van die leerlinge vanjaar vir die eerste keer, asook vir die laaste keer sou deelneem. “Baie van ons reĂ«lings was reeds in plek, ons busse was gereĂ«l, ons ouers en kinders het daarna uitgesien.

“Die realiteit is egter dat daar tans bek-en-klouseer in dele van ons land is waar dit nog nooit was nie. Daarmee saam het dit verreikende gevolge veral in die Oos-Kaap. As dit na die Wes-Kaap versprei, sal dit ernstige nadelige gevolge hĂȘ, veral by ons groot melkplase,” sĂȘ Breyton.

Die vereniging se bestuur besef dat daar maatreëls in plek is om dit te probeer voorkom, maar die praktiese toepassing daarvan maak dit baie moeilik. Dit sluit in om diere vir 28 dae onder kwarantyn te hou soos onlangs in die Staatskoerant aangekondig is, om gereeld klere te wissel, die rit deur heelwat provinsies om in Mpumalanga te kom, ens.

Lees meer oor die onlangse jeugskou in die Vrystaat hier.

Positief sonder simptome

Dit het ook aan die lig gekom dat sekere variante geen simptome toon nie, maar dat diere steeds positief toets en dit versprei.

Nog ’n bekommernis van die vereniging is dat bek-en-klouseer ook deur mense oorgedra kan word – veral as so ’n persoon van een kudde in ’n provinsie na ’n ander kudde in ’n ander provinsie reis. Dit geld ook vir voertuie, klere, ens.

“Die slotsom is dat dit is ’n groot risiko is, en daarom het ons as bestuur met kundiges gesels en besluit dat ons nie vanjaar die risiko gaan loop nie. Ons is sterk ondersteuners van die Jeugskou, ons neem gereeld elke jaar deel en het al met vele kampioenskappe weggestap, maar ons vertrou dat dit die regte besluit was,” sĂȘ Breyton. – Elmarie Smit, Plaas Media

Voorbereiding vir ’n dissiplinĂȘre verhoor

Estimated reading time: 4 minutes Werkgewers moet seker maak wat van hulle verwag word voor...

Topskaapboer floreer met ’n simplistiese lae-inset benadering

Estimated reading time: 7 minutes Wikus Bekker, ’n Dohne-Merino-boer van die plaas Geluksdam by Edenburg...

Die Sybokhaarbemagtigingstrust: Ekonomiese vordering deur inklusiwiteit en diversiteit

Estimated reading time: 5 minutes Die Sybokhaarbemagtigingstrust funksioneer onder die sambreel van Sybokhaar Suid-Afrika en...

Cover crop mixes: Composition and species for summer

Estimated reading time: 7 minutes Soil health is a key objective when designing a cover...