Wednesday, September 11, 2024

Vrystaat-jeugskouspan maak reg vir nasionaal

Estimated reading time: 4 minutes

Die Vrystaat-jeugskouspan is oorgehaal vir die Nasionale Jeugskou wat vanjaar van 22 tot 25 September in Middelburg in Mpumalanga plaasvind. Dit volg nadat verskeie leerlinge in verskillende ouderdomsgroepe van die Hoërskool Trio in Kroonstad en Hendrik Potgieter-landbouskool in Reddersburg, hul staal tydens die provinsiale kampioenskap in Kroonstad gewys het.

Jorinda Swanepoel, voorsitter van Vrystaat-jeugskou, sĂȘ die beoordelaars in die verskillende kategorieĂ« was in hul skik met van die deelnemers se goeie skoumanskap. Volgens haar het die deelnemers ’n goeie standaard gehandhaaf en hulle goed van hul taak gekwyt. Die eerste drie plekke in elke afdeling het vir die span gekwalifiseer. Wenners is in al die verskillende afdelings aangewys.

Kyk saam na Plaas TV se insetsels oor landbouskoue hier.

Delinda Serfontein van Trio HoĂ«rskool het vir die senior perde-afdeling gekwalifiseer. In die afdeling vir kulinĂȘre kuns was Elmien Coetzee eerste, Chanty Bam tweede, en Danelle van der Bank derde in die junior-afdeling. In die senior-afdeling het Lize-Marie Nel gewen met Rea Ntshedi in die tweede plek.

In suiwelbereiding was Liana Cloete eerste in die junior-junior-ouderdomsgroep. Haar sussie, Nicole, het die junior-afdeling gewen. Janke Hendriks was eerste in die senior-afdeling. Al hierdie deelnemers is van Hendrik Potgieter-landbouskool. – Christal-Lize Muller, Plaas Media

Vir meer inligting, kontak Jorinda Swanepoel by 079 873 5225.


22ste Nasionale Jeugskou-kampioenskap was een vir die boeke!

Die Nasionale Landboujeugskou het einde verlede jaar vir die 22ste keer hul nasionale kampioenskap aangebied. Die geleentheid het in die Wes-Kaap in Clanwilliam, by die Augsburg Landbougimnasium, plaasgevind.

Baie lesers sal dalk nou wonder: “Wat behels ’n jeugskou?” Die primĂȘre doel van jeugskou is om ’n liefde vir landbou onder die jeug te kweek. Dit is ’n lekker buitemuurse aktiwiteit vir skoolkinders waarin hulle ’n reeks vaardighede aanleer. ’n Jeugskou bevorder onder meer spanwerk en self-dissipline. Leerders kan aan een van 16 kategorieĂ« deelneem: beeste (vleis en suiwel), bokke (vleis, suiwel en wol), skape (vleis en wol), perde, varke, duiwe (wedvlug en sierduif), hoenders, konyne, suiwelbereiding, kulinĂȘre kunste en afslaers.

Die Sybokhaarbemagtigingstrust: Ekonomiese vordering deur inklusiwiteit en diversiteit

Estimated reading time: 5 minutes Die Sybokhaarbemagtigingstrust funksioneer onder die sambreel van Sybokhaar Suid-Afrika en...

Cover crop mixes: Composition and species for summer

Estimated reading time: 7 minutes Soil health is a key objective when designing a cover...

Prickly pears as a grazing crop

Estimated reading time: 8 minutes The first prickly pears arrived in South Africa shortly after...

’n Belegging in prestasietoetsing verseker volhoubare kuddeverbetering

Estimated reading time: 4 minutes Diere se prestasie word bepaal deur hul genetiese samestelling sowel...