Verbod na 13 jaar gelig: Perde kan weer direk uitgevoer word

Estimated reading time: 3 minutes

Na ’n uitbreking van die gevreesde Afrika-perdesiekte in 2011, is alle direkte uitvoere van perde vanaf Kaapstad na die Europese Unie (EU) verbied. Sedertdien word daar onverpoosd deur die South African Equine Health and Protocol (SAEHP) en die Suid-Afrikaanse regering gewerk om dié verbod op te hef.

Sedert die verbod aangekondig is, was dit ’n uitdagende en moeilike proses om weer perde na Europa uit te voer. Perde moes maandelange kwarantynperiodes van twee tot vier maande ondergaan, wat hulle oefening en beweging ingeperk het, voordat hulle die laaste skof na hul eindbestemming kon aanpak. Mauritius het die logiese en mees ekonomiese roete geword waar perde moes oorstaan vir 90 dae voordat hulle die reis na Europa kon voortsit.

’n Langverwagte oudit

Adrian Todd, besturende direkteur van die SAEHP, sê dat hoewel dit ’n lang en moeilike proses was, hulle nooit hoop verloor het nie. Die uitbreek van COVID het ook die proses om ’n geskikte datum te vind waarop die EU sy oudit ten opsigte van kwarantynfasiliteite en laboratoriums in Suid-Afrika kon doen, bemoeilik.

Na afloop van die pandemie het dit nog twee jaar geneem voordat die ouditspan uiteindelik in Oktober 2022 in Suid-Afrika aangekom het. Die terugvoer vanaf die EU was positief, en direkte uitvoere was weer in sig.

Daar was egter steeds ’n oponthoud. Todd verduidelik waarom die proses lank geneem het: “SAEHP en die Suid-Afrikaanse regering moes ’n span saamstel om die onderhandelinge tussen die verskillende lande op regeringsvlak te hanteer. Die samestelling van ’n publiek-private vennootskap was ’n tydsame proses wat met oorleg op die been gebring moes word. Veeartsenydienste in die Wes-Kaap moes ’n gedugte span vorm, om seker te maak dat daar aan alle vereistes en protokol voldoen word, voordat ons die oudit kon slaag en enige perde die land kon verlaat.

SAEHP word op die been gebring

“SAEHP is op 1 Januarie 2018 geskep en is aanvanklik befonds deur private individue. In 2021 is die Hong Kong Jokkieklub (HKJC) genader om betrokke te raak. Hulle sou nie net finansieel bydra nie, maar sou ook op ander gebiede ondersteuning en advies lewer. Hulle bydrae en ondersteuning het dit vir die span moontlik gemaak om die nodige protokol vir die direkte uitvoer van perde in plek te stel. Winfried Engelbrecht-Bresges (hoof uitvoerende beampte van die HKJC), het ons visie rakende uitvoere gedeel en het ook ’n belangrike rol vervul met die opheffing van die verbod.”

Dr Mpho Maja, direkteur van dieregesondheid by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, is ook tevrede met die opheffing van die verbod. “Dit wys net dat as ons saamwerk, kan ons die onmoontlike bereik. Ek moet egter die perdebedryf en die provinsiale veeartsenydienste bedank vir die rol wat hulle gespeel het in die nakoming van die vereiste protokol. Ek sien veral daarna uit om ons perde in internasionale kompetisies te sien uitblink.”

Gerhard Schutte, voorsitter van die Nasionale Dieregesondheidsforum (NDGF), het sy opgewondenheid vir die perdebedryf uitgespreek. Hy het aangedui dat die perdebedryf tesame met die geweldige harde werk wat deur die SAEHP saam met nasionale en provinsiale dieregesondheidsdepartemente uitgevoer is, ’n wonderlike voorbeeld stel vir ander landbounywerhede. “Ons salueer die perdebedryf en is besonders trots daarop dat hulle lank reeds lede van die NAHF is.”

David Abery, voorsitter van SAEHP, is ook dankbaar dat direkte uitvoere nou weer kan voortgaan nadat die verbod opgehef is. “Dit was ’n baie lang en hoogs gekompliseerde proses wat onmoontlik sou wees sonder die hulp van die HKJC en ander privaat befondsers. Ons sal strewe om seker te maak dat alle protokol en vereistes, soos deur die EU gestipuleer, nougeset gevolg word om te verseker dat die uitvoer van Suid-Afrikaanse perde sal voortgaan. – Liesl King, onafhanklike verslaggewer

Must read

Agbiz sheds light on EU citrus disputes

Van boeredae tot kuilvoerkompetisies – Plaas TV dek dit alles

Estimated reading time: 2 minutes Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Wolfe Braude of Agbiz gives us background on the European...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 35 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these prices calculated?https://drive.google.com/file/d/1Dkq1o6hyVk_XbciPOvsJUaFjhnuparoH/view?usp=sharing The Red Meat Abattoir Association (RMAA) gathers pricing data...

Prickly pears as a grazing crop

Estimated reading time: 8 minutes The first prickly pears arrived in South Africa shortly after Jan van Riebeeck’s tenure in the Cape, but it was not until the 1960s that this cactus was recognised for...
red meat tomahawk steak

RMAA Price Information System report for week 35 2024

Estimated reading time: 2 minutes The Red Meat Abattoirs Association (RMAA) is an independent membership-based organisation, which was established in February 1991 with its primary aim being providing specialised training and technical support. The data provided...

RPO bespreek uitvoere, predasiebestuur en veranderende wetgewing

Estimated reading time: 7 minutes Terwyl oorgrenshandel en die vervoer van lewende hawe en dierlike produkte op verskeie vlakke problematies bly, beleef die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) Nasionaal se uitvoerende raad heelwat positiewe momentum met betrekking tot...