Veerasse skitter by Thabazimbi-skou

Estimated reading time: 3 minutes

Die Thabazimbi Landbou en Nywerheidskou wat tussen 22 en 27 Julie plaasgevind het, was weer ’n lushof vir beesliefhebbers en die meer as 6 000 mense wat dié skou besoek het. Abraham Groenewald, uitvoerende hoof van die skou, sê dit was ’n reuse-sukses. “Die bywoning is dieselfde as verlede jaar. Ons inkomste is ’n klein bietjie meer, omdat pryse weens inflasie ietwat hoër was.”

Vyf beesrasse, asook Boerbokke en skape was by die skou te sien. Terwyl die kleinvee net deel was van ’n statiese uitstalling, het die beesrasse dit in die skouring uitgespook. Die rasse wat aan die interraskompetisie deelgeneem het was Afrikaners, Brahmane, Chianinas, Limousins en Senepols.

Kyk die Plaas TV-insetsel oor die skou hier.

Uiteindelik is Sir Lancelot DL 19-09 as die interras-kampioenbul en opperste skoukampioen aangewys, met Sarnia Betty SR 20-05 as interraskampioenkoei en reserwe opperste kampioen. Albei diere behoort aan John en Tracey Devonport van Devlan Limousins.

Limousin-skou

Sir Lancelot is as die Limousins se grootkampioen-bul aangewys, terwyl Sarnia Betty as die grootkampioenkoei gekies is. Devonport sê die Thabazimbi-skou is ’n heerlike skou om by uit te stal. “Hier was pragtige Limousins te sien en ek het die voorreg gehad om met wonderlike jong telers binne die ras te gesels.”

Sarnia Betty SR 20-05 van Devlan Limousins is as die grootkampioen Limousin-koei, die interraskampioenkoei en reserwe opperste skoukampioen aangewys. By die koei is Petrus Mofokeng, hanteerder, en John Devonport, eienaar.
Sarnia Betty SR 20-05 van Devlan Limousins is as die grootkampioen Limousin-koei, die interraskampioenkoei en reserwe opperste skoukampioen aangewys. By die koei is Petrus Mofokeng, hanteerder, en John Devonport, eienaar.

Lees meer oor die onlangse nasionale SA Merino-veiling hier.

Brahman-skou

Die ras wat die grootste verteenwoordiging op die skou geniet het, was die Brahmane. Die Rooi en Wit Brahmane het soos altyd in afsonderlike kategorieë deelgeneem.

  • Die grootkampioen Wit Brahmanbul was Jesse (WCH 23-19) van Seiko Brahmane. By die bul is die hanteerder, Happimore ‘Smiley’ Zvamatsai, en die eienaar, Wimpie van der Walt, se ma, Rina.
    Die grootkampioen Wit Brahmanbul was Jesse (WCH 23-19) van Seiko Brahmane. By die bul is die hanteerder, Happimore ‘Smiley’ Zvamatsai, en die eienaar, Wimpie van der Walt, se ma, Rina.

Die grootkampioen Rooi Brahmankoei was Belivia LB 21-766 van Lobram Boerdery van Ellisras, en die grootkampioen Rooi Brahmanbul GPCK 20 624 van GPC Brahmane van Lichtenburg. Lily HLT 20-216 van De Blanque Brahmane is aangewys as die grootkampioen Wit Brahmankoei. Die grootkampioen Wit Brahmanbul was Jesse WCH 23-19 van Seiko Brahmane.

Afrikanerskou

Dr Pieter de Kock, eienaar van Pronk Afrikaners, sê die Afrikaner pas uitsonderlik goed in die Bosveld-omgewing aan.Pragtige voorbeelde van dié inheemse ras is in groot getalle by die skou verteenwoordig.

Die grootkampioen Afrikanerbul was TK 20-163 van Pronk Afrikaners. Die eienaars is Pieter en Elbie de Kock. (Foto: Pronk Afrikaners)
Die grootkampioen Afrikanerbul was TK 20-163 van Pronk Afrikaners. Die eienaars is Pieter en Elbie de Kock. (Foto: Pronk Afrikaners)
Die grootkampioen Afrikanerkoei was TK 20-160 van Pronk Afrikaners. Die hanteerder was Simon Tlou. (Foto: Pronk Afrikaners)
Die grootkampioen Afrikanerkoei was TK 20-160 van Pronk Afrikaners. Die hanteerder was Simon Tlou. (Foto: Pronk Afrikaners)

Die grootkampioen Afrikanerbul was TK 20-163 van Pronk Afrikaners en die grootkampioenkoei was TK 20-160, van dieselfde vertoner. – Susan Marais, Plaas Media

Topskaapboer floreer met ’n simplistiese lae-inset benadering

Estimated reading time: 7 minutes Wikus Bekker, ’n Dohne-Merino-boer van die plaas Geluksdam by Edenburg...

Die Sybokhaarbemagtigingstrust: Ekonomiese vordering deur inklusiwiteit en diversiteit

Estimated reading time: 5 minutes Die Sybokhaarbemagtigingstrust funksioneer onder die sambreel van Sybokhaar Suid-Afrika en...

Cover crop mixes: Composition and species for summer

Estimated reading time: 7 minutes Soil health is a key objective when designing a cover...

Prickly pears as a grazing crop

Estimated reading time: 8 minutes The first prickly pears arrived in South Africa shortly after...