Veeplaas

Veeplaas is a livestock magazine that looks at the agricultural industry through the eyes of a livestock farmer. The magazine focuses on what affects the livestock farmer’s profit margins and steers clear of politics. The magazine is ideal for cattle, sheep, goat, wool, dairy and game farmers. This page contains a selection of articles from the magazine. 

Lees Veeplaas in April 2026

Hoe kan ek my boerdery meer winsgewend maak om langer op die plaas te bly en ekonomies te oorleef? Die hoofartikel in die April-uitgawe van Veeplaas bespreek die tekortkominge in die meeste boerderystelsels wat winsgewendheid en volhoubaarheid beperk, asook hoe produsente te werk kan gaan om hierdie leemtes te vul. Ons het ook by Peet du Toit van die bekende Econotech Simmentalerstoet, Louis Botha met sy Letelle-skaapkudde, en Christopher Roberts en sy Angoras gaan aanklop om meer oor hulle boerderyresepte te hoor.

Ook in Veeplaas April 2026

  • Vrede-boeredag: Rond self jou kalwers af.
  • Richmond-skou wemel van topgehalte skape.
  • Voor- of agterkwart: Snitwaarde, kultuur en persepsies.
  • Wol se bydrae tot klimaatsverandering.
  • Fenfield se volhoubare, regeneratiewe melkboerdery.
  • Uierkonformasie by melkkoeie.
  • Suid-Afrikaanse lusernhooibedryf: Die produsenteprys.
  • Kies só die regte mengwa.
  • Van probleem tot profyt: Houtskool bied ’n oplossing.
  • Voedingsteurnisse tydens speen.
  • Boerbokbestuur: Skouvoorbereiding.
  • Die stille koste van hittestres.
  • Beskerm só jou vee teen respiratoriese siektes.
  • Bloutong by skape.
  • Kalfgesondheid van geboorte tot speen.
  • En vele meer!

Kry jou April 2026-uitgawe van Veeplaas vandag nog by jou naaste kleinhandelaar of maak seker dat jy daarop inteken. Veeplaas is as ’n interaktiewe blaaiboek by https://digimags.agriorbit.com/books/Veeplaas-April-2026_digimag/ beskikbaar en kan ook by www.magzter.com aangekoop word. Kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 om in te teken op die PDF-weergawe of hardekopie.

Read articles from Veeplaas

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...

Suiwelgehalte en -veiligheid vat die voortou

Estimated reading time: 4 minutes Die Suiwelstandaard-agentskap (SSA) is toegewy tot die bevordering van sy primêre doelwit as selfregulerende inisiatief van die georganiseerde suiwelbedryf. Sy...

Veeplaas April 2026

In die April-uitgawe van Veeplaas kyk ons na sleutelaspekte van beesboerdery, insluitend die waardeverskil tussen voor- en agterkwarte, veranderende verbruikersvoorkeure, die invloed van voeding...

Openbare vakansiedae en vergoeding: Wat werkgewers in 2026 moet weet

Estimated reading time: 4 minutes This article is also available in English in Stockfarm. Openbare vakansiedae kan ’n beduidende invloed op werkgewers hê, veral wanneer ‘n...

Bloutong by skape: Die spreekwoordelike muggie in die salf

Estimated reading time: 7 minutes Bloutong is ’n nie-aansteeklike virussiekte van die Orbivirus-genus en Reoviridae-familie wat herkouers soos skape, beeste, bokke en wild affekteer. Volgens...

Boer goat management (Part 6): Diseases

Boer goats are often regarded as hardy, resilient animals that seldom contract diseases. This perception is mostly accurate. However, diseases can and do occur...